‘n Baie voorspoedige en Geseënde nuwe jaar word aan een en almal toegewens vir 2016. VLV Gansbaai skop hierdie jaar af met groot verwagting, en wil van hierdie geleentheid gebruik maak om al die nuwe intrekkers, afgetredes, jonk, oud en nuut getroude dames te nooi om besoek af te lê en die gasvryheid van VLV Gansbaai te kom geniet.
Ons tema hierdie jaar is Droom, Glo en Leef. Dit is ons wens dat iedere en elk ook hierdie tema saam met ons sal beleef vir 2016.
Die eerste vergadering vind plaas op 2 Februarie 2014 om 15:00 in die Pretoriussaal, Gansbaai. Hierdie is die perfekte geleentheid om uit te vind waaroor die VLV gaan. Die Sameroepers van Landbou en Tuinbou, Gesondheid, Leefstyl, Openbare Sake, Opvoeding en Kuns en Handvlyt gaan elkeen ‘n geleentheid kry om inligting te verskaf oor hulle portefeulje. Ons vier Valentynsdag, so ons vra dat die dames almal in rooi en wit aantrek.
Inligting vir ons lede, hopelik het julle al almal julle nuwe program boekies ontvang. Let asseblief daarop dat daar heelwat Konferensiekompetisies is waarvoor ingeskryf moet word. Onthou asseblief dat die kompetisies 13:00 daar moet wees.
Should anyone be interested in joining or would like just to come for a visit, you are more than welcome to contact Rienie at 081 443 8248 for more information, or just turn up. This is an open organization and welcomes all.
VLV Groete, Rienie Lüdick