Die Wonder van Eko-bootritte

Die Wonder van Eko-bootritte

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is altyd vir almal, veral besoekers vanaf ander provinsies, groot pret en plesier om op Dream Catcher van Wilfred Chivell see toe te gaan. Is “pret en plesier” egter die enigste rede waarom hierdie eko-bootritte aangebied word? Sonder enige twyfel is dit nie die geval nie.

Dit gaan in die eerste plek oor die Dyer Eiland Eko-sisteem (Dyer Island Eco System) wat direk op bewaring en die bewusmaking van bewaring dui. Met verwysing na ‘n eko-bootrit waartydens Mej Suid-Afrika Finalis, Marciel Hopkins genooi is om saam te gaan, was Pieter du Toit die skipper van Dream Catcher.

Marciel en haar ma, Annaline Hopkins het die bootrit terdeë geniet, maar het agterna gesê die kosbare inligting wat deur Wilfred se Mariene Bioloog oorgedra is, het haar na aan die hart gelê. “My oë het oopgegaan oor die noodsaaklikheid van bewaring en ek het besef dat ‘n bootrit soos hierdie nie slegs as ‘plesier’ ervaar moet word nie, maar dat ag geslaan moet word oor wat alles ten opsigte van bewaring gedoen word - ‘n saak wat sonder twyfel veel beter ondersteun moet word.”

Terselfdertyd gebeur dit gereeld dat haaie by haaibootoperateurs se bote gesien kan word, veral gesinne met kinders, waar dit nie nodig is om in haaihokke af te gaan nie. Nog ‘n waarneming is natuurlik die besigting van die wêreldbekende Shark Alley tussen Dyer Eiland en Geyser Rock. Daar kan sowat 60,000 robbe (Cape Fur Seals), Kaapse Cormorante wat broei en die Afrika Pikkewyne met hul mensvervaardigde neste (bietjie weggesteek) gesien word.

Spesies in hierdie area wat tydens ‘n eko-bootrit gesien kan word (wanneer teenwoordig), is onder andere die African Penguin (Spheniscus demersus), Southern Right Whale (Eubalaena australis), Humpback Whale (Megaptera novaeangliae), Bryde’s Whale (Balaenoptera brydei), Cape Fur Seal (Arctocephalus pusillus pusillus), Indo-Pacific Bottlenose dolphin (Tursiops aduncus), Humpback dolphin (Sousa plumbea) en die Common dolphin (Delphinus capensis), asook ‘n verskeidenheid van seevoëls.

Die ideale afronding van so ‘n eko-bootrit op Dream Catcher, is om die African Penguin & Seabird Sanctury (APSS) te besoek, waar verder kosbare kennis opgedoen kan word.

Hardus Botha

Die Wonder van Eko-bootritte

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles