Die Wonder van Eko-bootritte

Die Wonder van Eko-bootritte

Gansbaai Courant

Dit is altyd vir almal, veral besoekers vanaf ander provinsies, groot pret en plesier om op Dream Catcher van Wilfred Chivell see toe te gaan. Is “pret en plesier” egter die enigste rede waarom hierdie eko-bootritte aangebied word? Sonder enige twyfel is dit nie die geval nie.

Dit gaan in die eerste plek oor die Dyer Eiland Eko-sisteem (Dyer Island Eco System) wat direk op bewaring en die bewusmaking van bewaring dui. Met verwysing na ‘n eko-bootrit waartydens Mej Suid-Afrika Finalis, Marciel Hopkins genooi is om saam te gaan, was Pieter du Toit die skipper van Dream Catcher.

Marciel en haar ma, Annaline Hopkins het die bootrit terdeë geniet, maar het agterna gesê die kosbare inligting wat deur Wilfred se Mariene Bioloog oorgedra is, het haar na aan die hart gelê. “My oë het oopgegaan oor die noodsaaklikheid van bewaring en ek het besef dat ‘n bootrit soos hierdie nie slegs as ‘plesier’ ervaar moet word nie, maar dat ag geslaan moet word oor wat alles ten opsigte van bewaring gedoen word - ‘n saak wat sonder twyfel veel beter ondersteun moet word.”

Terselfdertyd gebeur dit gereeld dat haaie by haaibootoperateurs se bote gesien kan word, veral gesinne met kinders, waar dit nie nodig is om in haaihokke af te gaan nie. Nog ‘n waarneming is natuurlik die besigting van die wêreldbekende Shark Alley tussen Dyer Eiland en Geyser Rock. Daar kan sowat 60,000 robbe (Cape Fur Seals), Kaapse Cormorante wat broei en die Afrika Pikkewyne met hul mensvervaardigde neste (bietjie weggesteek) gesien word.

Spesies in hierdie area wat tydens ‘n eko-bootrit gesien kan word (wanneer teenwoordig), is onder andere die African Penguin (Spheniscus demersus), Southern Right Whale (Eubalaena australis), Humpback Whale (Megaptera novaeangliae), Bryde’s Whale (Balaenoptera brydei), Cape Fur Seal (Arctocephalus pusillus pusillus), Indo-Pacific Bottlenose dolphin (Tursiops aduncus), Humpback dolphin (Sousa plumbea) en die Common dolphin (Delphinus capensis), asook ‘n verskeidenheid van seevoëls.

Die ideale afronding van so ‘n eko-bootrit op Dream Catcher, is om die African Penguin & Seabird Sanctury (APSS) te besoek, waar verder kosbare kennis opgedoen kan word.

Hardus Botha

Die Wonder van Eko-bootritte

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles