Langafstand Kwiltwerk

Langafstand Kwiltwerk

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vele is al oor Gansbaai se kwilters geskryf - Gansbaai Kwiltgroep, Pearly Beach Kwiltgroep, Overberg Kwilters en die Wacky Whalers - maar nog nooit oor “langafstand” kwiltwerk nie.

Twee Wacky Whalers, Suzette Reynecke en Alda Rowan het met dié projek begin. Hierdie projek staan bekend as die Pan-Africa Friendship Quilt Challenge 2016. Dit kom neer op ‘n “Tweeling” vir elke kwilter in ‘n Afrika-land. Suzette se “Tweeling” is in Nairobie, Kenia en Alda se “Tweeling” is in ‘n dorp in Zambië. Die SA deelnemers maak ‘n blok, nie kleiner as 12 duim en nie groter as 24 duim nie. Die blok word via die Kaap Goeie Hoop Kwilters aan die “Tweeling” in die Afrika-land gestuur, wat ‘n rand daarom werk. Dit word op dieselfde wyse teruggestuur vir die Suid-Afrikaanse “Tweeling”.

Gedurende die proses moet pogings aangewend word om via e-pos of ander sosiale netwerke kontak met die ander “Tweeling” te behou. Daar kan dan oor die kwilt, die patroon, wedersydse wenke en dies meer gesels word. Die volledige kwilt moet tussen November en middel September gereed wees. Daarna word die kwilts gedurende die daaropvolgende jaar by die jaarlikse Fynbos Kwiltuitstalling in die Kaap uitgestal. Dan is Suzette en Alda ook druk aan die gang met ‘n interessante 365-dae uitdaging. Nog Wacky Whalers, Yvonne Joubert, Adri Wessels, Rika Hoffmann en Marianna Meyer, asook ander lede, het te kenne gegee dat hulle ook in die projek belangstel. “Ons moet elke dag van die jaar (365 dae) ‘n blokkie finaliseer, nie kleiner as 3x3 duim en nie groter as 6x6 duim nie,” vertel Suzette.

‘n Patroon vir elke blokkie vir elke dag word van die internet afgetrek. Elke dag se blokkie word dan tot aan die einde van die jaar veilig bewaar. Na afloop van die 365 dae word die blokkies aanmekaar gewerk en aan die begin van die volgende jaar is die kwilt voltooi. “Ons het die idee op internet gesien en dit het ons belangstelling geprikkel,” sê Suzette.

Hardus Botha

Langafstand Kwiltwerk

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles