Golden Oldies weer by Strandskloof

Golden Oldies weer by Strandskloof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Golden Oldies Karavaanklub is terug by Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie, met hul regterhand Anje Badenhorst (administrasie) - beslis ‘n teken dat daar heerlik by hulle gekamp word.

Weer eens ‘n bewys dat hulle nie verniet verlede jaar as Traveler en Sanlam se Top Destination Awards in die Walled City in Ratanga Junction as algehele wenner (Goud) aangewys is nie.

Op ‘n vraag aan die voorsitter van die Golden Oldies, Eric Smith of hulle bewus is van genoemde toekenning, is daar dadelik verskeie koerante met relevante beriggewing uitgehaal om te wys en te sê hulle het ook vir Strandskloof gestem en is deeglik bewus van die welverdiende toekenning. “Hierdie keer was ons ‘n raps minder kampeerders as ‘n vorige keer,” het Eric gesê. “Wat interessant is, is die toename in enkellopendes, veral dames, wat lede is en saam kom kamp het.” Nege karavane het hulle Januarie-kamp na Strandskloof meegemaak, waarby 14 lede ingesluit was. “Of ons ‘n groot groep is, of soms ‘n kleiner groep, dit is altyd baie lekker en gesellig, aangesien ons soos ‘n familie bymekaar is.”

Eric is vol lof vir die aandag wat die eienaars aan hulle skenk om dit so aangenaam as moontlik vir hulle te maak. “Die mini-gholfbane is vir ons oopgesluit en ons is onder andere met paaseiers bederf,” sê hy.

“Boonop is die wenners almal met pryse beloon.” Die Golden Oldies Karavaanklub is sowat 28 jaar gelede gedurende Maart 1987 gestig. Hulle was die eerste Golden Oldies Karavaanklub in die land en die lede bestaan almal uit afgetredenes wat reeds met pensioen is. Die kampe word baie informeel aangebied, maar Woensdagaande is dit ‘n “bring-en-braai-aand”, wat ook ‘n kort vergadering insluit.

Vir navrae en/of besprekings kan Anje Badenhorst by 082-721-4381 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan die span by strandskloofpark@omail.co.za.

Hul webtuiste is www.strandskloofpark.co.za.

Hardus Botha

Golden Oldies weer by Strandskloof

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles