Plaasmark Tops

Plaasmark Tops

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Baardskeerdersbos se Boere-Plaasmark inisiatief werp behoorliik vrugte af. “Die B’Bos Plaasmark se paadjie het begin met Westbury Speciality Feeds se boeremark op Vrydae in die industriele gebied,” vertel Betsie Flippers van B’Bos. “Ons het ‘n mark daar begin, aangesien die B’Bos pad nie baie toeganklik was nie, maar met die nuwe pad kon ons die mark skuif, wat dit meer van ‘n ware plaasmark in B’Bos maak.”

Die mark word in die Landbouvereniging van B’Bos se saal bedryf. Die uitstallers was aanvanklik boervroue van die omgewing, maar die hulp van Gansbaaiers wat “lekker goedjies” maak, is bygebring. Die boervroue bring plaasprodukte na die gesamentlike tafel wat ook al in seisoen is en verkoop dit teen baie bekostigbare pryse. “Ons het ook ‘n boervrou van Wolvengat wat heerlike botter, yogurt en mozarella-kaas maak en Hannie Schoeman se kweperprodukte is altyd ‘n wenner,” sê Betsie.

Sy vertel dat Riaan Jacobs, ook voorsitter van Gansbaai Fotografieklub, se besonderse foto’s op hulle Facebook-blad geplaas word. “Daar word almal op hoogte van ons marksake en produkte gehou,” vertel sy. Frans en Sharon sorg vir heerlike samoosas, worsrolle, springrolls en dies meer sodat almal vroegsoggens iets te ete kan kry, so saam met stomende koffie van die koffie-waentjie. Dan is daar ook pasteie, soet en sout eetgoed van Napier af. Met elke mark word vars pannekoeke gebak en kontreikos verkoop, soos waterblommetjie-bredie, afval, vispotjie en veel meer. “Die mark is altyd 'n groot feestelikheid en almal kuier heerlik onder die bome,” sê sy. “Daar is ook varsgebakte brode van verskillende soorte wat natuurlik saam met die plaasbotter 'n wenner is, maar as jy nie op die laatste om 09:00 jou inkopies kom doen nie, is 10:00 dalkies te laat!”

Bettie sê George Otto het haar “uit die niet” gekontak en gevra of hy sy handewerk kan kom uitstal. “Dit is werklik besonders en ons is baie dankbaar hy is nou deel van ons mark,” het sy gesê.

Betsie kan by 083-655-5545 geskakel word en haar e-posadres is betsie@westburyfeeds.co.za.

Hardus Botha

Plaasmark Tops

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles