Profiel: Daan Victor

Profiel: Daan Victor

Gansbaai Courant

Andries Daniel Wynand Victor (74), veel beter bekend as Daan, is op 26 November 1941 in Upington gebore. Daan se ouers is altwee oorlede en hy het 5 broers, waarvan 2 oorlede is, en 2 susters, waarvan 1 oorlede is. Hy het in Karos, sowat 40km vanaf Upington grootgeword waar hy op skool was tot en met St 7 (Gr 9), waar sy pa skoolhoof van ‘n gekombineerde Laer- en Hoërskool was. Sy pa het afgetree en die gesin het na Potchefstroom verhuis, waar Daan einde 1959 aan die Hoër Volkskool, Potchefstroom, matrikuleer. Ná skool het Daan, ‘n afgetrede Elektriese Ingenieur, die kwalifikasies behoorlik ingeryg: 8 jaar aan die Universiteit van Stellenbosch (B.Sc B.ing, Swak- en Swaarstroom - 1969); 3 jaar deeltyds aan die Universiteit van Pretoria (M.Ing, Ingenieursbestuur - 1992). Hier was Daan deel van die eerste groep studente wat hierdie graad behaal het.

46 jaar gelede tree Daan op 12 Desember 1969 met Marthie (72) (Olivier) van Kimberley in Stellenbosch se Moedergemeente in die huwelik. Marthie is ‘n gekwalifiseerde pre-primêre onderwyseres. Sy was veral baie bekend by Cool Kids en ná die verkoop van Cool Kids, is sy by die nasorg van Gr 5’s in Gansbaai AGS-gemeente se lokale betrokke. Sy is baie lief vir kinders en kinderevangelisasie, asook swem, wat sy steeds doen. Die egpaar se huweliksbevestiging was op dieselfde dag waarop Daan sy B.Sc B.Ing (Swak- en Swaarstroom) grade ontvang het. ‘n Ongetroude seun, Wynand (42) en ‘n getroude dogter, Talita (36) met twee seuns is uit die huwelik gebore. Daan se beroepsjare getuig van vele ervaringe. Na matriek sluit hy by die Vlootgimnasium in Saldanha aan, waar hy gekeur word om ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch te gaan studeer. Hy was deel van die Militêre Akademie in Saldanha, maar het sy studies in Stellenbosch voltooi. In 1969 sluit hy by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens aan en begin te Soutrivier Elektriese Loods werk. Gedurende die daaropvolgende 33 jaar by die Spoorweë, wat later Transnet Beperk geword het, het hy die volgende poste beklee: Asst Ingenieur (Bloemfontein - 1970); Asst Ingenieur, Elektriese Aanlegdepot Kroonstad - 1970); Asst Ingenieur, Elektriese Toetslaboratorium (Johannesburg - 1971); Bevorder na Distriksingenieur, Elektriese Aanlegdepot (Beaconsfield, Kimberley – 1972); Distriksingenieur, Elektriese Aanlegdepot (Ventersdorp – 1974); Distriksingenieur, Elektriese Aanlegdepot (Langlaagte - Mei 1977); Bevorder na Streeksingenieur Elektries (Suid-Wes Afrika, nou Namibia, Windhoek - Julie 1977); Tydelike oorplasing na Elektriese Hoofingenieurskantoor (Johannesburg tot 1979); Bevorder na Resident Ingenieur Elektries, verantwoordelik vir die 25,000V wisselstroom elektrifikasie projekte van die Oos-Kaap spoorlyne (Port Elizabeth, De Aar en Oos Londen, Springfontein (Port Elizabeth - Desember 1980); Oorgeplaas as Adjunk Streeksingenieur Elektries, Natal Streek (Durban - September 1985); Streek Ingenieur Kragvoorsiening, Natal Streek (Durban - 1992). Gedurende 1998 vind die herstrukturering van die Spoorwegdienste plaas en Daan word as die eerste Depot Ingenieur (Infrastruktuur) in Durban aangestel - destyds die grootste Infrastruktuur Depot in Spoornet. Daarna los hy af vanaf April 2001 tot April 2002 in Empangeni, waar hy ‘n Indiër-ingenieur oplei om die Depot daar oor te neem. Die egpaar bly nog ‘n jaar in Durban totdat Marthie einde Maart 2003 aftree, waarna die egpaar na Franskraal verhuis. Daan is steeds geregistreer as Elektriese Ingenieur by “The Engineering Council of South Africa” (ECSA). Op 12 Desember 2002, op hulle 33ste huweliksherdenking, koop hulle die huis in Franskraal waar hulle steeds woon. Selfs met buitemuurse aktiwiteite het Daan hoë sporte bereik. Op skool en later in die Vlootgimnasium en daarna op universiteit het hy in rugby, krieket, atletiek en hokkie goed presteer. Hy het ook verskeie wedstryde vir Maties se eerste rugbyspan gespeel en in die vloot was hy op sy tyd die Vloot/Weermag se 400m en 800m atletiekkampioen. Op hengelgebied was dit eers varswaterhengel en later in Port Elizabeth waar hy by ‘n Rots- en Strandhengelklub aansluit. As kaptein van hul span wen hulle die Oos-Kaapse trofee vir swaargerei hengel. Dan was daar nog die Noodhulpliga waar hy 2de in beheer van Transnet se been van die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga was, met die rang van Assistent Kommissaris, terwyl hy ook op die Hoofbestuur van die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga gedien het. Op Kerklike gebied was hy sedert 1975 al diaken, leierdiaken, ouderling, onderleier-ouderling en leierouderling. Sedert 2003 in Gansbaai se NG-gemeente dien hy slegs ‘n jaar as onder-leierdiaken en die jaar daarna as onder-leierouderling en sedert einde 2005 as leierouderling tot op hede. Hy dien ook tans, ‘n 4de keer, op ‘n pre-advies kommissie vir die beroep van ‘n leraar na die gemeente. Sedert 1975 is Daan ook ‘n lid van die Gideons Internasionaal in Suid-Afrika, betrokke by Bybelverspreiding. Hy was ook by drie geleenthede die President van die laer waar hulle woonagtig was. Voorts is hy baie lief vir musiek en is sedert 1975 lid van verskeie kerk-en mannekore, asook tans in Gansbaai NG-gemeente. Gholf is geruime tyd al sy hoof-buitemuurse aktiwiteit. Hy het reeds in 1988 begin gholf speel, terwyl hy tussendeur nog gehengel het ook. By Gansbaai Gholfklub het hy liga vir ‘n paar jaar gespeel en is al vir etlike jare Onderkaptein, terwyl hy ook by die afrigting van laerskoolleerders op Maandae betrokke is. Daan was darem al twee keer gelukkig met kolhoue (“Hole-in-one”), wat enige gholfer se droom is. Die afgelope 2 jaar is Daan voorsitter van SAGES (South African Golf Embassadors for Seniors), Overberg. Laastens is hierdie man met sy vele bekwaamhede baie lief vir lees en om homself agter sy rekenaar besig te hou.

“Vir jare was ek baie lief vir tuinmaak, maar deesdae laat ek andere maar in my tuin werk,” erken hy. Merkwaardige man oor 74 jare heen - Elektriese Ingenieur, verskeie sport-deelname, gholfer, noodhulp, hengelaar, koorsanger, Gideons, akademies, leesverslaafde en getrou in vele kerklike hoedanighede - Daan Victor.

Hardus Botha

Profiel: Daan Victor

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles