BARC blaf om hulp

BARC blaf om hulp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis die enigste wyse waarop BARC se diere-lede om hulp kan vra - al blaffende! Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) staan dalk heel voor in die ry waar dit aan ‘n tekort van fondse kom. Annalie Jonker en haar span swoeg maand na maand om hul begroting te laat klop. Vir nuwelinge wat dalk nie weet nie, BARC is ‘n geregistreerde Dieresorg Trust (IT 3001/2009).

“Die ondersteuning van BARC se tweedehandse winkel help baie en ons is opreg dankbaar daarvoor, hetsy met verkope aan die gemeenskap, óf met die beskikbaarstelling van tweedehandse items,” sê Annalie. Hulle sit egter nie agteroor en bedel net geld nie - vele pogings vir fondsinsamelings word gereeld geloods. So is daar nou vir ‘n eerste keer ‘n opwindende BARC Gholfdag wat hulle gedurende die Paasnaweek by Gansbaai Gholfklub beplan. Dit klink nog ver in die toekoms, maar daar word nou reeds vir die gemeenskap en sakelui geblaf om asseblief met ondersteuning, donasies en borgskappe te help. Daarsonder is enige gholfdag vir liefdadigheid tot ‘n mislukkig gedoem. “Ons beplan ‘n ‘Better Ball’ of ‘n ‘Single Stableford’ gholfkompetisie, afhangende van donasies en pryse wat ons gaan ontvang,” sê Annalie. “Voornemende borge word beleefd versoek (“implored”) om R1,000.00 per putjie te borg, asook vir geskenkbewyse en produkte wat as pryse benut kan word.”

Sodanige borge kan dan by die relevante plekke adverteer. Annalie sê die hoofdoel met hierdie projek is om fondse aan te vul vir die versorging van diere wat gered is, om opleiding oor die versorging van diere te verskaf en ook om weer vanjaar ‘n gesubsidieerde sterilisasie-dag aan te bied. BARC bedien sowat 6,500 huishoudings in a area van ±1,000 sq km. Voornemende gholfdag-ondersteuners kan gerus met Annalie in verbinding tree, waar ‘n amptelike skrywe oor die gholfdag ook beskikbaar is.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC blaf om hulp

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles