Twee “o/10” sussies van Perlemoenbaai staan vir niemand terug waar dit by varswaterhengel kom nie. Johandré (9) en Zandré (8), dogters van Sandrie Wessels, was hoogs in hul noppies toe hulle varswaterhengel-toerusting as Kersgeskenke ontvang het, in plaas van poppe en stootwaentjies.
Die “Hengeltoerustig”-Kersvaders was natuurlik Sandrie en Dirk Lourens, altwee kampioen varswaterhengelaars. Die dogters se eerste toets van hul eie toerusting was op 9 en 10 Januarie by die Helderstroomdam. Johandré het 4 mooi visse gevang, waarvan die swaarste ‘n Karp van 4.36kg was. Op haar beurt het Zandré 3 visse gevang, waarvan die swaarste ‘n Karp van 1.86kg was.
Hierdie twee dogters oefen nou hard om aan die Penkopspan vir die Suid-Afrikaanse Kampioen-skappe in Bloemhof te gaan deelneem.
Hardus Botha