Gaan die vis “weg”?

Gaan die vis “weg”?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In die laaste week of so was die vis “weg”. Weg? Nee, ek glo nie. Sover ek weet is daar nog nooit wetenskaplik bepaal of  vis wel gee pad en dan weer terugkom nie. Ek dink wel dis korrek indien daar van snoek of makriel gepraat word. En dalk ook geelbek. Maar indien ons verwys na hotties, roman en so aan, lyk die storie vir my bietjie anders. Die haaie, so is die aanname, het dalk ook gee pad en ons weet almal dit gebeur nie sommer nie.

Met die seetemperatuur wat gewissel het van ‘n hoë 18 grade na onder 9 is dit te verstane dat dinge nie normaal sal wees nie. Daar is manne wat sê hulle weet  --  die vis kry ook koud en kan nie hulle bekke behoorlik oopmaak nie. So is ek ook maar al die jare geleer. Dit maak nogal sin, maar weer eens, is dit werklik so? ‘n Hengelaar wat omtrent altyd goed vaar sê dit is so, want in koue water gebruik hy kleiner ase om te kompenseer vir die visse wat nie hulle bekke kan oopmaak nie, en dan is hy baie suksesvoller as die ou wat steeds sy ase normaal hou. Hy het dalk ‘n punt beet.

Ons weet ook van die kabeljou wat gee pad dieper water toe wanneer die water rowwer en kouer raak. Maar gee hulle pád?

Toe die kreefnette laat sak was het daar nogal baie hotties tussen die kreef beland. Boonop het die visvinder heelwat vis aangedui, wat maar net nie wou byt nie. So hulle was maar hier rond  --  maar daai bekke! ‘n Ander eienaardigheid is dat, al wil die vis nie byt nie, daar gewoonlik ‘n kolletjie is waar jy wel vis sal kry. Hoekom net op daardie plekkie?   Daar is dalk’n grot of twee onder die water of ‘n riffie of so iets wat ‘n verskil maak.

Dis ‘n feit dat die weer die seewater beinvloed en ook hoe die vis reageer. Suidoos vir die kabeljou en ‘n (suid)westewind vir die geelbek is ‘n voorbeeld hiervan. Hoe goed die wind vir ‘n besonderse vis is hang ook maar af van die tydsduur daarvan. Te veel van ‘n goeie ding is tog nie so goed nie en dit was nog altyd waar. Dis hoeka nou tyd vir ‘n verandering van oostewind na iets anders. Selfs ‘n ligte storm behoort ‘n verskil te maak.

Nou ja, daar word ‘n paar mooi kabeljou gevang, en hier is die amperbootjies koning, maar so sal dit nie vir baie langer aanhou nie. Goed of sleg? Dit hang af. Die tjokka wat so nou en dan gevang word is ook baie welkom.

Groete, Seemeeu

Gaan die vis “weg”?

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles