Leerders het pragtige vertonings gelewer tydens die onlangse atletiekbyeenkoms wat op Donderdag, 21 Januarie en Vrydag, 22 Januarie 2016 plaasgevind het. Trofeë vir die ouderdoms-wenners is geborg deur André en Juanita Hage.
Laerskool Gansbaai Die leerders hiernaas het die volgende pragtige rekords verbeter: George Groenewald o/12 – Diskus (23,18m); Dehan Botha o/13 – Spiesgooi (31,15m); Caitlyn Otto o/13 – 1500m Stap (9:34.4) Jurie-Johann Groenewald 0/13 – 200m Hekkies (33.6). Voor: Joy Hans o/8 – 60m Uitdun (10.6); 60m Finaal (10.5) en 80m Uitdun (14.2); 80m Finaal (14.1)
Medaljes vir rekords is geborg deur Atlantic Abalone en Premier Fishing.
Die beste junior atlete van die dag was Joy Hans o/8 en Zayd Tayob o/9 en hulle het elkeen ’n trofee ontvang.
Die Victrix en Victor Ludorum vir die dag was Caitlyn Otto o/13 en Adrian Hage o/13.
Baie dankie weer eens aan ons borg, Atlantic Abalone en Premier Fishing vir die sertifikate, medaljes, trofeë en spyseniering vir die byeenkoms.
Ons hartlike dank aan elke ouer en opvoeder wat gehelp het om van hierdie dag ’n sukses te maak.
Annette Wessels