Eluxolweni Biblioteekpret

Eluxolweni Biblioteekpret

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Jeanette Xanini, Eluxolweni se Biblioteek Assistent, het ‘n gesellige “biblioteekpartytjie” vir kinderlede, wat gereeld besoekers aan die biblioteek is, gereël. “Ek sê sommer dadelik baie dankie vir hulle gereelde besoeke aan die biblioteek,” het sy gesê. Die ouer kinders, ook gereelde besoekers aan die biblioteek, het vir ‘n pragtige opvoering van Jesus se geboorte gesorg, wat terdeë deur die gaste geniet is. Wat sou so ‘n gesellige partytjie sonder Kersvader wees? Jack Peppers het gesorg dat die kinders nie teleurgestel word nie en het “onverwags” as Kersvader opgedaag, wat natuurlik ‘n baie groot verrassing vir almal was.  

Jeanette rig ook graag die volgende bedankings (alfabeties) aan borge en ondersteuners, waarsonder die geselligheid nie so ‘n groot sukses sou wees nie: Flip en Sandra (Pearly Beach Minimark); Jan en Nelia Koekemoer (Pearly Beach Strandoord); Michael Fuchs (Klein Paradys); Rdl Dudley Coetzee (DA). Hierdie Sateliet-biblioteek is verlede jaar in Eluxolweni deur die Wes-Kaapse Minister van Kulturele Sake en Sport, min Anroux Marais, en die Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, geopen. Raadsdame Botha-Guthrie het toe gesê dat die Overstrand Munisipale Raad sowat 3 jaar vantevore, kort nadat die biblioteek in die nabygeleë Buffeljachts woongebied oopgestel is, ‘n besoek aan die Eluxolweni woongebied gebring het.

Die sowat 1,500 inwoners van Eluxolweni het hul behoefte aan ‘n openbare biblioteek onder haar aandag gebring en sy het haarself tot die bevrediging van die behoefte verbind. Alles is toe in die stryd gewerp om ‘n biblioteekdiens aan hierdie gediversifiseerde woongebied, waar ongeveer 70% Xhosa sprekende persone en 30% Afrikaans sprekende persone woonagtig is, te voorsien.

Hardus Botha

Eluxolweni Biblioteekpret

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles