Gansbaai se nuwe Fisioterapeut

Gansbaai se nuwe Fisioterapeut

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Esti Claassen (30), ‘n gekwalifiseerde fisioterapeut, het besluit om skouer aan die wiel te sit en haar fisioterapie-praktyk, Esti Claassen Fisioterapie, in Gansbaai se wiele aan die rol te sit.

Einde van 2011 het sy haar studies aan die Universiteit van Pretoria voltooi, waarna sy gedurende 2012 haar verpligte praktiese jaar moes deurloop. Dit was haar sogenaamde “gemeenskapsjaar” en sy het haar prakties by Eerste Rust Kliniek in Pretoria deurloop. Gedurende 2013 was Esti by die Wilgers Hospitaal in Pretoria-Oos werksaam, waarna ‘n droom van haar bewaarheid is - om met gestremde kinders te kon werk. Sy is in ‘n pos by Pretoria Skool vir Gestremde Kinders aangestel waar sy werksaam was totdat sy en haar eggenoot, Cobus Claassen (30) en hulle 1-jaar oue seuntjie, Franko gedurende die tweede helfte van 2015 vanaf Centurion na Gansbaai verhuis het. Cobus het verlede jaar as apteker van die Arrie Nel Apteekgroep die leisels in Gansbaai Apteek oorgeneem. Nou het Esti met haar fisioterapie-praktyk in Gansbaai Apteek begin, waar sy enige vorme van fisioterapie aanbied. Sy het reeds begin, maar tans geskied besoeke aan haar op ‘n kontantbasis, wat dan by mediesefondse ingedien kan word. “Ek is reeds by die Raad geregistreer, maar die Raad moet nog net my praktyk by mediesefondse registreer alvorens ek self kan eis,” sê Esti. “Sodra die registrasie dus gedoen is, sal my praktyk by alle mediesefondse ingeskakel wees, wat sake vir my pasiënte heelwat sal vergemaklik.”

Haar voorliefde is sonder twyfel in kinders, vir wie sy baie lief is, gesetel en sy sê sy sal graag in die toekoms daarin wil spesialiseer, veral met gestremde kinders. Sy wil ook graag by die dorp en die gemeenskap betrokke raak, veral ook by skole ten opsigte van sport. “Verder wil ek ook graag ‘n diens aan bejaardes in die sin van groepsklasse of -behandelings by die Tehuis vir Bejaardes lewer, asook tuisbesoeke doen,” vertel sy.  

“Ek hou van langtermyn behandelings soos rehabilitasie van pasiënte wat beroertes gehad het of selfs amputasies en verlamming as gevolg van ernstige beserings.” Dan help Esti ook graag in gevalle van longkwale soos bronchitis, longontsteking en dies meer. “My droom vir my praktyk in Gansbaai is om deel van die gemeenskap te word en deur middel van ‘n gawe wat God aan my toevertrou het, mense te help wat seer het.” Vir verdere inligting en/of afsprake kan Esti Claassen by 060-732-9010 geskakel word, óf stuur ‘n e-pos aan haar by esticlaassenphysio@gmail.com.

Hardus Botha

Gansbaai se nuwe Fisioterapeut

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles