Anje van Strandskloofpark se Waterprojek

Anje van Strandskloofpark se Waterprojek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Enkele weke gelede het ek oral op Facebook gesien dat daar in vele dorpe waterprojekte aan die gang is om die droogte geteisterde gebiede te help,” vertel Anje Badenhorst van Strandskloof Karavaanpark.

“Soné Boshoff, voorheen ook ‘n Gansbaaier, is by Worcester se Roundtable betrokke en ek het gesien hoe druk besig hulle was om water bymekaar te maak.” Anje weet dat Gansbaaiers saamstaan in nood en het vir Soné gekontak om te hoor hoe hulle vervoerstelsels werk indien sy ‘n waterprojek in Gansbaai loods om hulle projek te ondersteun. “Reëlings is met Pieter Human van Boland Boards, wie se vragmotors aflewerings op verskeie dorpe doen, om ons water gratis na Worcester te vervoer, vanwaar dit weer na Aliwal-Noord vervoer word om in areas met die grootste nood te versprei,” sê Anje.

Sy het die wiele aan die rol gesit en onder andere vir Gansbaai Superspar gekontak en gevra of sy ‘n kruidenierswaentjie daar kan plaas vir mense wat water wil skenk en ook vir ‘n paar ander afsetpunte gereël. “Ons het 'n week gehad om die water bymekaar te maak voordat die vragmotor dit op Vrydag, 15 Janurie sou optel,” sê Anje. “Gedurende daardie week het ons bykans ‘n 1,000 liter water bymekaar gemaak.” Sy het baie leë bottels en groot 25ltr kanne gekry wat hulle by Strandskloof Karavaanpark ook kon volmaak, wat ‘n verdere 500 ltr water beteken het. Die water moes tydelik by Gansbaai se Brandweerstasie gestoor word.

Gedurende die wagtyd is ‘n groot skenking van 200 x 5 ltr kanne met water van I&J ontvang, wat Gansbaai Superspar teen ‘n baie lae prys beskikbaar gestel het, terwyl Millenium Mobile dit tot by die brandweerstasie vervoer het. Later die week was Grootbos Foundation ook met Gansbaai Superspar in verbinding en is ‘n verdere 135 x 5 liter water deur hulle geskenk. Op Vrydag, 22 Januarie is al die water by die brandweerstasie deur Boland Boards opgelaai en na Worcester vervoer. Met die water wat van oral oor bygekom het, het Anje later telling verloor, maar dit was sowat 3,200 liter wat deur Gansbaai se gemeenskap weggestuur is. “Ek wil almal wat bydraes vir hierdie waterprojek gemaak het, verskriklik baie dankie sê,” sê Anje.

Hardus Botha

Anje van Strandskloofpark se Waterprojek

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles