Rolbalnuus (4 Feb 2016)

Rolbalnuus (4 Feb 2016)

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Saterdag, 30 Januarie 2016 het aangebreek met wat gelyk het na nog ‘n warm dag. Gelukkig het ligte wolke en ‘n koel seebries eintlik gesorg vir aangename omstandighede om rolbal te speel en die buitelug te geniet.

Voeg hierby die deelname van agt spanne van onder andere L’Agulhas, Rivier-sonderend, Hermanus en Kleinmond saam met ses van Franskraal en jy het ‘n resep vir wedywering in ‘n goeie gees tussen ou rolbalvriende en etlike nuwe deelnemers.

Boonop het die bekende gasvryheid van Franskraal se lede en smaaklike middagete en verversings wat voorgesit is, gesorg vir die regte atmosfeer om die dag te geniet.

Borgskappe van sake-ondernemings speel ongetwyfeld ‘n groot rol om sport aan die gang te hou en Franskraal Rolbal is dankbaar vir die bydrae wat Boland Makelaars gemaak het om die dag moontlik te maak – ook vir die teenwoordigheid van sy verteenwoordigers by die begin van die toernooi.

Die wenners was Sakkie van Zyl, Kim Breach en Michael Vermeulen.  In die tweede plek was Betsie Schrëuder, Vic Breach en Roelof Eksteen gevolg deur Gideon Pienaar, Jaco Swart en Kay Puttick in die derde plek. 

Al drie hierdie spanne is van Franskraal Rolbalklub.

Die Enkelspel Klub-kampioenskappe is ook onlangs afgehandel. Die kampioene is Marius de Wit en Kim Breach.  Baie geluk aan die twee spelers.

Wil jy ook deel word van die rolbalfamilie, skakel my by 028-384 1822 of Henk van der Walt by 028-384 0117.

Pieter Conradie 

Rolbalnuus (4 Feb 2016)

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles