Groei jy of oorleef jy net?

Groei jy of oorleef jy net?

Gansbaai Courant

“So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die SEUN van GOD. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos CHRISTUS. Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na CHRISTUS toe.”  (Efes. 4:13-16)  

Groei jy elke dag só ’n bietjie in die HERE, of leef jy maar net soos die meeste ander mense van die een dag na die ander?  Iemand het eenkeer gesê: “To survive is a lousy way to live.” (Telly Savalas) Die lewe, soos GOD dit bedoel het, is nie om net te oorleef nie, maar om voluit te leef in die liefde van JESUS. (Joh. 10:10; Fil. 4:4) Anders word ons soos golwe wat maar net heen-en-weer gejaag word deur elke vreemde godsdiens of mense wat altyd oor geloof ’n klomp onwaarhede kwytraak.

’n Boom of plant wat wil groei, moet in die grond geanker wees en sy water en kos uit die aarde kry. Ons as Christene kan alleenlik groei en vrug dra as ons wortels elke dag in JESUS, die wingerdstok, geanker is. (Joh. 15) Psalm 1 sê dat it gaan altyd goed met die mens wat in die Woord van GOD sy vreugde vind en dit dag en na oordink. Ja, hy is soos ’n boom wat by ’n waterstroom geplant is en op sy tyd vrugte dra. As jy nie meer in die geloof groei en voel hoe jy al hoe nader aan die HERE leef nie, kry jy dalk nie meer genoeg voedsel en water deur jou wortels  (bly in die HERE) nie! Wat maak jy met jou tyd? Ek sê nie jy moet die hele dag allerhande werke in die kerk of in die gemeenskap doen om besig te bly met die werk van die HERE nie. Dit kan goed wees, maar jy moet regtig meer tyd maak om net sommer by die voete van JESUS te sit en te luister wat die HEILIGE GEES vir jou wil sê. (Luk. 10:38-42) ’n Mens het elke dag 7 of 8 ure goeie slaap nodig om gesond te leef. Netso moet jy ook elke dag jou wortels diep in die grond laat afsak en krag kry uit GOD se Woord en Sy liefde. (Wat van 7 of 8 minute net vir die HERE in die oggend en saans?) 

Christene moet groei en nie stagneer nie. GOD verwag dit van ons – hoekom sal ons dit dan nie doen nie? Laat sak jou wortels diep in GOD se vrugbare Woord! Doen dit sommer nou!

Groei jy of oorleef jy net?

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles