Groei jy of oorleef jy net?

Groei jy of oorleef jy net?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die SEUN van GOD. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos CHRISTUS. Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na CHRISTUS toe.”  (Efes. 4:13-16)  

Groei jy elke dag só ’n bietjie in die HERE, of leef jy maar net soos die meeste ander mense van die een dag na die ander?  Iemand het eenkeer gesê: “To survive is a lousy way to live.” (Telly Savalas) Die lewe, soos GOD dit bedoel het, is nie om net te oorleef nie, maar om voluit te leef in die liefde van JESUS. (Joh. 10:10; Fil. 4:4) Anders word ons soos golwe wat maar net heen-en-weer gejaag word deur elke vreemde godsdiens of mense wat altyd oor geloof ’n klomp onwaarhede kwytraak.

’n Boom of plant wat wil groei, moet in die grond geanker wees en sy water en kos uit die aarde kry. Ons as Christene kan alleenlik groei en vrug dra as ons wortels elke dag in JESUS, die wingerdstok, geanker is. (Joh. 15) Psalm 1 sê dat it gaan altyd goed met die mens wat in die Woord van GOD sy vreugde vind en dit dag en na oordink. Ja, hy is soos ’n boom wat by ’n waterstroom geplant is en op sy tyd vrugte dra. As jy nie meer in die geloof groei en voel hoe jy al hoe nader aan die HERE leef nie, kry jy dalk nie meer genoeg voedsel en water deur jou wortels  (bly in die HERE) nie! Wat maak jy met jou tyd? Ek sê nie jy moet die hele dag allerhande werke in die kerk of in die gemeenskap doen om besig te bly met die werk van die HERE nie. Dit kan goed wees, maar jy moet regtig meer tyd maak om net sommer by die voete van JESUS te sit en te luister wat die HEILIGE GEES vir jou wil sê. (Luk. 10:38-42) ’n Mens het elke dag 7 of 8 ure goeie slaap nodig om gesond te leef. Netso moet jy ook elke dag jou wortels diep in die grond laat afsak en krag kry uit GOD se Woord en Sy liefde. (Wat van 7 of 8 minute net vir die HERE in die oggend en saans?) 

Christene moet groei en nie stagneer nie. GOD verwag dit van ons – hoekom sal ons dit dan nie doen nie? Laat sak jou wortels diep in GOD se vrugbare Woord! Doen dit sommer nou!

Groei jy of oorleef jy net?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles