Noodkamer vir Gansbaai, Stanford, Pearly Beach, Baardskeerdersbos

Noodkamer vir Gansbaai, Stanford, Pearly Beach, Baardskeerdersbos

Gansbaai Courant

Tydens die pas afgelope weke se verwoestende veldbrande, het dit duidelik geword dat dit noodsaaklik is om te alle tye voorbereid en parraat te wees om noodsituasies te hanteer in ons area.  Dit is dus belangrik dat daar ‘n konstruktiewe, gekoördineerde plan ter tafel gelê word wat gevolg kan word.

Die samewerking en skenkings vanuit die publiek is ‘n baie belangrike skakel in die ketting.  Die wonderlike same-werking en ruim skenkings tydens die brande word dan ook hoog op prys gestel.  Die dames van die onderskeie areas se hande het raakgevat en die brandweermanne is voorsien van heerlike eetgoed en yskoue drinkgoed.  Dit het egter gebeur dat daar met tye te veel en ander tye weer ‘n te kort was van sekere produkte.

Koördinasie is dus noodsaaklik.  Vir hierdie doel het die     Gansbaai munisipaliteit ‘n stoorruimte beskikbaar gestel, wat as noodkamer ingerig kan word.  Hierdie noodkamer het slegs ten doel om voorraad in te berg en sal nie as kommunikasiesentrum of beheerkamer dien nie.  Die beheerkamers of “JOC” word deur die brandweer self ingestel na gelang van waar die brand in ‘n spesifieke area is.

Die SOS kamer is met muurrakke uitgerus en ‘n skenking van ‘n kisvrieskas is ook alreeds vanaf Gansbaai Super Spar ontvang.  Voorrade kan dus nou al bymekaar gemaak word en tydens noodsituasies kan daar slegs aanvullings t.o.v vars vrugte en bestanddele vir toebroodjies en etes aangevra word.

Op die stadium is die uitsluitlike doel van die noodvoorraadkamer om te voorsien in die behoeftes van die brand-bestryders en nie om gesinne of individue te ondersteun wat besittings verloor het in brande nie.

DIE SOS SKAKELKOMITEE BESTAAN UIT:

Koördineerders

Mnr Kat Myburgh              –             Area Bestuurder
Riana de Coning             –              Raadslid 
Dudley Coetzee-              –              Raadslid
Moira Opperman             –              Raadslid

Spanleiers  vir elke area :

Gansbaai : Anje Badenhorst Sel : 0828968203
Stanford : Tabby  Robertshaw   Sel : 0762431930
Pearly Beach : Dave Kunneke Sel: 0728583996
Baardskeerdersbos: Madelein Swart : Sel 0791897906

Vrywillige helpers moet asseblief die persoon in jou area kontak om jou naam op die databasis van hulpverlening te plaas. Tydens noodsituasies sal die Spanleiers dan vrywilligers kontak met spesifieke versoeke rakende proviant en bystand indien nodig.

Intussen moet die SOS kamer toegerus word. Enige iemand wat enige van die items wil skenk moet asseblief met die Spanleiers  skakel. Hier volg ‘n lys van items en voorraad wat geskenk kan word:

Toerusting en materiaal:

Koelsakke, Polistereen koelhouers, kratte vir die vervoer van kos en vloeistowwe. Bruin kardoessakke, boksies vir die opmaak van kospakkies. Papierborde en polystereen glase

Servette en “wet ones”, Kleefplastiek, Broodplanke, bottermesse, skerp messies vir maak van toebroodjies.

Vloeistowwe:

500ml waterbottels ¾ gevul met water vir   vriesdoeleindes, Powerade 500ml

Coke en ander koeldranke: blikkies 500ml, 1 l  en 5 l bottels

Droë Bestanddele: Koffie, tee, suiker, cremora, Lang lewe melk, Sout en peper, Soet Goed, Energie stafies, Sjokolades, Glukose/ Gummy lekkers.

Opwas benodighede:

Skottelgoedwasseep, sponsies, wasvadoeke, afdroogdoeke

Produkte en skenkings kan afgegee word by die onderskeie koördineerders, asook Marzaan Middelton van Gansbaai munisipaliteit en Glenda Kitley van die Inligtings/toerisme sentrum. 

Intussen sal verskeie instansies en klubs ook genader word om vas te stel wat die beskikbaarheid van hul fasiliteite sal wees indien daar ontruiming moet plaasvind. Enige ander organisasie wat wil hulp verleen moet asseblief met die   bestuur kontak maak, sodat ons een gekoördineerde span kan wees.  Die SAP van Gansbaai het alreeds aangedui dat hul ook sal inkoop in die koördineringsaksie tydens nood-situasies.

Baie dankie ook aan Kobus van Staden, voorsitter van die Sakekamer, wat die inisiatief geneem het om ‘n noodfonds te stig, waar die publiek en sakeondernemings  finansiële bydraes kan lewer ter ondersteuning  van die SOS Voorraadkamer.  Die Gansbaai sakekamer sal dan ook die finansies beheer.  Baie dankie aan OMEGA wat reeds R500 tot die fonds bygedra het. Ons nooi ander sake ondernemings uit om ook ‘n bydrae te maak.

By voorbaat baie dankie aan die publiek.  Sonder julle warm harte en oop hande sal hierdie aksie nie ‘n sukses kan wees nie.

Riana de Coning

Noodkamer vir Gansbaai, Stanford, Pearly Beach, Baardskeerdersbos

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles