Gansbaai Fotografieklub het verlede week die terrein van Groeneweide Kwekery op horings geneem met kamera’s, driepote en dies meer. Die geleentheid was die neem van foto’s met die fotograwe se fokuspunt as “komposisie”.
Voorsitter Riaan Jacobs het ‘n “blitskursus” oor komposisie aangebied en daarna was dit elkeen vir hom– of haarself vir die neem van foto’s. Tydens die onlangse byeenkoms is die foto’s wat geneem is, vertoon en geëvalueer. Die klub se Aanbiedings- en Media Bestuurslid, Marc du Plessis, het die volgende kommentaar gelewer:
The meeting started with 2 videos on composition; Moving to a slightly more formal commenting approach with a small panel passing comments; Robert Johnson, Riaan Jacobs and Jane Bailey were passing comment; The theme was composition from the previous weeks practical of composing images taken at Groeneweide; The venue has so much potential for photographers for many themes; Many good quality images where submitted; Images will be uploaded to our website: http://gbpc.co.za.
Gansbaai Fotografieklub se eerste byeenkoms te Groeneweide Kwekery het goed afgeskop en kennis kan geneem word dat alle byeenkomste voortaan daar sal plaasvind. Dit vind op die 1ste en 3de Maandag van elke maand om 18:30 plaas.
Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 gekontak word, of skakel vir Veronica du Plessis by 084-826-8781. Verdere inligting kan op die klub se webtuiste, www.gbpc.co.za gekry word.
Hardus Botha