“Die Uilenkraalsmond Vakansiedienstespan wil graag baie dankie sê vir al die ondersteuning, borgskappe en samewerking wat weer eens tot ‘n suksesvolle uitreikaksie gelei het - elke vrygewige hand het gehelp om die Koninkryk te verryk,” sê Günther Hüsselmann van verlede jaar se Stranddienstespan te Uilenkraalsmond gelei het.
“Ons verwys ook spesiaal na Gansbaai Courant vir die advertering, asook die berigte wat geplaas is.” Hulle het weer ‘n vol program vanaf 14 - 31 Desember 2015 aangebied, met alle fokus op jongmense. Aktiwiteite soos speletjies, koffiekroeë, poppekasvertonings, sandkasteelkompetisies, boeresport, die aanwys van Mnr en Mej Uilkraal en veel meer is aangebied. Verlede jaar se span het onder leiding van Günther Hüsselmann gestaan en hy is deur Shirné Nel en Henro Vorster bygestaan.
Belangstellendes wat na die Stranddienstegroep se prag-foto’s wil kyk, kan die volgende “link” gebruik: https://drive.google.com/open?id=0BwXXKwoUi1kFWVZmVGNZQkdvTXM
Hardus Botha