Uitpakkos wen ’n Gourmand

Uitpakkos wen ’n Gourmand

Gansbaai Courant

Sorg dat die kosblikke wat saamgaan vir die werk- of die skoolpouse, gesond én lekker is. Vergeet die kitskoswinkel! Pak die regte kos in!

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, ook vir vinnige aandetes, vir ’n lekker piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

’n Gesonde, ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.

Uitpakkos sal hopelik ’n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken ’n besige lewe dat ’n mens net nog beter moet beplan en organiseer! Die boek is daar om te help.

Die prys

Uitpakkos is pas aangewys as die Suid-Afrikaanse wenner in die kategorie vir maklike resepte. Die boek gaan nou internasionaal meeding teen die inskrywings van 209 lande.

Die Gourmand

Die Gourmand-toekennings is vir boeke wat ’n Oscar is vir ’n film sal wees.

Die Gourmands word toegeken deur die World Cookbook Fair, wat weer ’n vennoot is van die bekende Boekebeurs in Frankfurt.

Hierdie jaar word die algehele wenners aangewys tydens ’n glansuitstalling van 28 tot 31 Mei 2016 in Yantai, China.

Die skrywer

Hilda Lategan werk sedert 1975 as dieetkundige in verskeie vertakkings van die beroep en praktiseer tans as terapeutiese dieetkundige in Pretoria. Haar belangstelling sluit onder andere diabetes, hiperlipidemie, verslankings-diëte, voedselallergieë en voedselonverdaagsaamheid, siektes van die spys-verteringskanaal en vege-tariese eetgewoontes in.

* * *

Uitpakkos is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Die outeur is beskikbaar vir onderhoude.

Uitpakkos wen ’n Gourmand

LAPA

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles