Uitpakkos wen ’n Gourmand

Uitpakkos wen ’n Gourmand

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sorg dat die kosblikke wat saamgaan vir die werk- of die skoolpouse, gesond én lekker is. Vergeet die kitskoswinkel! Pak die regte kos in!

Uitpakkos is geskryf om jou verbeelding te stimuleer met idees vir die maak van aantreklike, smaaklike en voedsame kospakkies vir ontbyt, skool en werk, ook vir vinnige aandetes, vir ’n lekker piekniek en selfs vir rugsakreisigers en vragmotorbestuurders.

’n Gesonde, ingepakte ete help om die daaglikse kilojoule-, vet- en koolhidraatinname beter te beheer en dra by tot die liggaam se daaglikse voedingsbehoeftes. Dit bevorder ook volgehoue energie en is voordelig vir beter konsentrasie en beter produktiwiteit gedurende die dag, wat op sy beurt help met beter skool- en sportprestasies.

Uitpakkos sal hopelik ’n uitkoms vir menige huishoudings bring. In baie gevalle beteken ’n besige lewe dat ’n mens net nog beter moet beplan en organiseer! Die boek is daar om te help.

Die prys

Uitpakkos is pas aangewys as die Suid-Afrikaanse wenner in die kategorie vir maklike resepte. Die boek gaan nou internasionaal meeding teen die inskrywings van 209 lande.

Die Gourmand

Die Gourmand-toekennings is vir boeke wat ’n Oscar is vir ’n film sal wees.

Die Gourmands word toegeken deur die World Cookbook Fair, wat weer ’n vennoot is van die bekende Boekebeurs in Frankfurt.

Hierdie jaar word die algehele wenners aangewys tydens ’n glansuitstalling van 28 tot 31 Mei 2016 in Yantai, China.

Die skrywer

Hilda Lategan werk sedert 1975 as dieetkundige in verskeie vertakkings van die beroep en praktiseer tans as terapeutiese dieetkundige in Pretoria. Haar belangstelling sluit onder andere diabetes, hiperlipidemie, verslankings-diëte, voedselallergieë en voedselonverdaagsaamheid, siektes van die spys-verteringskanaal en vege-tariese eetgewoontes in.

* * *

Uitpakkos is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Die outeur is beskikbaar vir onderhoude.

Uitpakkos wen ’n Gourmand

LAPA

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles