Hardebaard

Hardebaard

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Eretitel  --  hoe kwalifiseer ‘n hengelaar om as Hardebaard erken te word? Ons het mos maar hierdie beeld van ‘n ouerige persoon. Dis, reken ek, korrek, maar dis ‘n halwe storie. Ouderdom alleen gaan dit nie doen nie. Ondervinding deur die jare, ja. Daarmee gaan saam “iets” wat nie aangeleer kan word nie. Ek dink dis soort van aangebore. Die wysheid om ‘n gesonde oordeel te vel oor goed soos  water- en weeromstandighede, waar, wanneer en hoe om te hengel en natuurlik die wysheid om ander hengelaars te lei en as voorbeeld te dien.. Van ons sal byv. omstandighede in ag neem voor ons besluit om af te sit water toe, maar die Hardebaard sal rustig wees en sy, “nee wat, gee nog ‘n dag of twee” is moeilik om te verstaan. En meerendeel is hy reg!

Wanneer jy op die hawe wag en onseker is of jy die kans moet waag om in te stoot is dit dikwels hierdie manne wat jou   besluit sal beinvloed. Ek het een keer iets baie spesiaals in ‘n praatjie met ‘n Hardebaard gehoor. My vraag aan hom was hoe hy weet dis veilig om Holbaai toe te gaan wanneer die water so rof voorkom in Kleinbaathawe. Hy het  na ‘n sekere area verwys en gesê as dit daar kalm is is dit ook in Holbaai. Ek glo hom maar is self nog skepties  --  ek is dalk steeds oorversigtig.

Ek het verwys na ouderdom maar ek weet van meer as een skipper wat nog lank nie as oud sal kwalifiseer nie, en hierdie ouens “ken van”, hoor! Gee hulle bietjie kans en met die baard wat harder en weliger word gaan die manne binnekort hierdie titel waardig wees. Tog is die prentjie daar van hierdie ouerige persoon met wie jy praat  --  hy sit oorkant jou, en hy rook pyp, rustig. Wanneer jy hom ‘n vraag vra, word daar eers nagedink, nog ‘n trek aan die pyp en dan eers sy antwoord. En jy weet instinktief, luister maar, dis ouderdom en baie jare se ondervinding wat nou praat. Van die ouens het hulle eie    persoonlikheid en noem ‘n ding op sy naam, dis sy prioriteit en maak hom boonop ‘n karakter wat so bietjie verskillend is van die ander. Maar luister wanneer hy praat, jy kan net leer.

Van hierdie manne gesels net so lekker wanneer dit oor bootsake gaan as waneer hulle oor die langstokke gesels. Die   verwysing na die aasvasmaak of wanneer die water “reg” is en hoe diep om te gooi, voor, agter of langs ‘n rif, hoog, of laagwater, die stand van die maan. Hy weet.

Dankie tog vir die Hardebaarde!

Groete, Seemeeu

Hardebaard

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles