Koos de Kock het onlangs seereddings toerusting aan die Pearly Beach Noodhulpkamer geskenk.
“Hopelik kan ons dit volgende keer gebruik wanneer daar amper-verdrinkings is,” het Ilse Keet gesê. Pearly Beach het gedurende November tot Desember 2015 een verdrinking en 3 amper-verdrinkings gehad. “Danksy Koos voel ons hier op Pearly Beach nou veiliger, dankie oom Koos!”
Links op die foto ontvang Hakkie van die Noodhulp die toerusting van Koos de Kock.
Hardus Botha