Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging

Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Op 18 Desember 2015 het die Algemene Jaarvergadering (AJV) van die Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging plaasgevind en ten spyte daarvan dat dit die perfekte dag was om op die strand deur te bring, was die opkoms heel bevredigend.  Besluite kon geneem en ‘n bestuurskomitee kon verkies word. Twee lede van die 2015 bestuurskomitee het weens werkdruk bedank en Engelize Otto is intussen gekoöpteer. Johan van der Colf en Archie Chambers is tot lede van die 2016 bestuurskomitee verkies.

Die lede van bestuurskomitee vir 2016 is as volg: Theuns Roodman (Voorsitter), Fanie Bothma (ondervoorsitter), Piet van Zyl (sekretaris) en Archie Chambers (tesourier). Mariaan Burger, Engelize Otto, Flaffie Barnard en Johan van der Colf is bykomende lede.

Tydens die AJV het Willem van der Merwe die belangrikheid van die Franskraal Buurtwag aan die lede oorgedra en die vereniging is baie dankbaar vir  reuse taak wat Willem en sy helpers verrig. Franskralers wat by die Buurtwag wil aansluit is welkom om vir Willem te skakel by 083 791 8497.

Een van die pligte van die FB&Ivereniging is die instandhouding van die Grootmelhoutwandelpad. Gewoonlik is die munisipaliteit ons baie behulpsaam hiermee, maar die inwoners moet ook hulle deel bydra.  Die bestuurskomitee het besluit dat die verkenning van die wandelpad ’n ideale geleentheid is om mekaar beter te leer ken en die roete sommer ‘n bietjie oop te knip. Verlede Woensdag, 10 Februarie, het hulle, gewapen met snoeiskêre en ‘n saag of twee, in die pad geval. Twee lede kon ongelukkig nie saam stap nie, maar van die manne se beter helftes en ‘n  vriend het saam gestap.  Interessante inligting aangaande fynbos, bome, slange, spinnekoppe, miere en vele meer is uitgeruil, die pad is gangbaar gemaak en heelwat planne vir verdere opknapping is beraam.

Die vorige webwerf het verval, maar ons is nou deel van die xplorio webwerf. Daar is nog nie baie nuus of foto’s op die nuwe webwerf nie, maar ons is hard aan die werk daaraan en binnekort sal die skakel http://xplorio.com/gansbaai/franskraal-ratepayers-residents-association/ jou op ons stoep laat beland.

Die FB&I vereniging nooi Franskralers uit om aan te sluit. Skakel gerus vir Theuns (028 388  0188) of Archie (082 468 8765). 

Mariaan Burger

Franskraal Belastingbetalers- en Inwonersvereniging

Mariaan Burger

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles