Build It se kompetisie-bakkie het verlede Saterdag groot vreugde vir een van hulle gereelde kliënte besorg.
Sandra Otto was die gelukkige wenner en was die ene opgewondenheid oor haar splinternuwe bakkie wat sy gewen het. Eddie en Silvana Burger, eienaars van Build It Gansbaai, het eers gesorg vir die gesellige klink van sjampanje-glasies saam met Sandra om haar groot dag saam met haar te vier. Daarna het Eddie en Silvana na buite gegaan waar hulle die sleutels aan Sandra oorhandig het. Eddie en Silvana is tans besig met voorbereidings vir die opening van hulle nuwe en spoggerige Build It in Hermanus.
“Ons hoop om eersdaags pryse aan gelukkige Hermanus-inwoners te kan oorhandig,” het Eddie gesê.
Hardus Botha