“Baie geluk aan ons span knap atlete wat die afgelope naweek van 13 Februarie aan die Suid-Boland Atletiekbyeenkoms in Grabouw deelgeneem het,” sê Laerskool Gansbaai se trotse skoolhoof, mnr Eben van der Merwe. Op die foto hiernaas verskyn die uitblinkers. “14 van ons atlete het met hul pragtige resultate gekwalifiseer om aan die Boland Atletiekbyeenkoms van Vrydag, 19 Februarie 2016 by die Coetzenburg Stadion in Stellenbosch deel te neem.”
Hierdie atlete is: Joy Hans - o/8 60m; Nel Stieger - o/10 gewigstoot; Ralph Smit - o/10 hekkies; Karli-Mari Geldenhuys - o/11 verspring; Gené Cornelius - o/11 hekkies; George Groenewald - o/12 diskus en gewigstoot; Nadia Pieterse - o/12 hoogspring; Kyra van Niekerk - o/12 hekkies; Anrie van Niekerk - o/12 diskus, spiesgooi en hekkies; Dehan Botha en Adrian Hage - o/13 spiesgooi; Bianca Heydenrych - o/13 spiesgooi; Caitlyn Otto - o/13 spiesgooi, diskus, gewigstoot en 1,500m stap.
Twee rekordopstellers word ook spesiaal gelukgewens: Anrie van Niekerk met haar rekord in spiesgooi en Caitlyn Otto met haar rekord in die 1,500m stap - welgedaan! “Sterkte aan al ons atlete wat Vrydag deelneem - doen net jul persoonlike beste en hou die Gansies se naam hoog!”
Hardus Botha