Dankbare Black Leaves

Dankbare Black Leaves

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Wow!! Amazing!!,” is die woorde waarmee Black Leaves se Bestuur die naweek by die Wesbank 7’s toernooi beskryf het. “Ons bedank graag almal wat op een of ander wyse gehelp het om hierdie spesiale naweek moontlik te kon maak.”

Die opgewonde span kon nie wag om met die reis daarheen te begin nie. Net buite Hawston het die voertuig onklaar geraak, maar nie eers dit kon hul geesdrif demp nie en ‘n kitaar is uitgehaal om musiek te maak. “Ons het baie ondersteuners in Malmesbury gekry, wat aan ons borrelende geesdrif te danke was.”

Die dag van die wedstryde het warm begin met 33 grade, maar die span het hulself goed van hul taak gekwyt. Die wedstryd teen die Kuilsrivier-kampioene was hard, maar Black Leaves het met 17-14 gewen. Dit was die regte motivering wat hulle nodig gehad het en na nog wedstryde het hulle die uitklop-fase gehaal. “Ons het trots op die A-veld gedraf om die kleiner span, die Young Peoples, aan te pak.” Ongelukkig het die Young Peoples hulle met uitstekende spel geklop. “Dit was ‘n vinnige en harde wedstryd en teen halftyd het ons 12-7 voorgeloop, maar die hitte teen 41 grade het sy tol geëis en ons het die wedstryd verloor.”

Met die sowat 42 spanne wat deelgeneem het, voel die Black Leaves baie trots omdat hulle so ver in die kompetisie gevorder het. Die manne het hul harte uitgespeel en voel uiters positief oor die toekoms. Hulle het onlangs met Bredasdorp in vennootskap getree, met Boland Rugby 7’s as afrigter. Die afrigter is baie positief oor die span en daar bestaan selfs ‘n moontlikheid dat van die spelers die span na Kenya kan haal.

Bedankings: Grootbos Private Nature Reserve en die Football Foundation (T-hemde, baadjies, ens), Sharline, Riaan Groenewald, Nicole Arends, Christoff Longland, Franklin Pieters, Taurus en vele meer vir kontantdonasies. Die Bestuur bedank ook mnr Europa vir voertuie wat beskikbaar gestel is, asook Silwerjare wat met die vervoer gehelp het.

Hardus Botha

Dankbare Black Leaves

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles