B’Bossers se gewilde Basaar

B’Bossers se gewilde Basaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Baardskeerdersbos word ervaar en beskryf deur besoekers en toeriste as ‘n unieke en karaktervolle landelike dorpie wat beïndruk met sy rustigheid, pragtige omgewing en natuurskoon, joviale, vriendelike en interessante mense,” vertel dr Boet Schoeman.

“Daar woon afgetrede-nes, kunstenaars, sakemanne, sakevroue en professionele beroepsmense.” Boet sê sentraal in B’Bos is die NG Kerk, die Strandveld Landbouvereniging en die B’Bos Huiseienaars-vereniging. “Die boere in die omgewing is die ekonomiese krag van die gebied en speel ‘n prominente rol in al die aktiwiteite.” Hy sê hierdie mense is dinamies, ondernemend en ware entrepeneurs en hulle verteenwoordig die jonger generasie landbouers. Die boere se “geheim” is dat hulle harde werkers is waardeur groot suksesse behaal word. Die NG Kerk, met sy 90 lidmate, reël onder andere jaarliks die uiters gewilde B’Bos Basaar. Die basaar is primêr ‘n fondsinsamelingsprojek, maar dit bied jaarliks ook ‘n geleentheid aan besoekers en vriende om die kultuurervaring te beleef. Die verlede het deur en deur bewys dat dit ‘n unieke basaar is - soos net die B’Bossers dit kan reël.

“Die spontaniteit en warmte van die B’Bos mense word ast ware vergestalt in dit wat tydens die basaar gebeur.” Hierdie basaar is al deur mense beskryf as ‘n Strandveld kultuurbelewing wat by die kultuurhistoriese kerkie aangebied word. Boet sê trots dat die dames van B’Bos, met baie ondersteuning vanuit Gansbaai, aan die stuur van sake is en hulle word deur die Kerkraad ondersteun - “En die vrouens kán ‘n ding reel, dis verseker!”

Vanjaar is die volgende items weer beskikbaar: tradisionele produkte van die omgewing soos groente, vleis, afval, sosatie (rou en gaar), koeke en melktert, met nog vele ander eet-verrassings - selfs witblits! Vir sosatie-bestellings meer as 20, kan Neël Groenewald by 082-499-2030 geskakel word. Dan is daar nog die veiling en die Baardskeerdersbos Orkes. Wees net betyds, of dis neusie verby!

Die basaar vind op Saterdag, 5 Maart plaas en begin om 09:00. Vir navrae kan Boet by 082-424-1331 geskakel word.  

Hardus Botha

B’Bossers se gewilde Basaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles