Gansbaai KK het die afgelope naweek uitstekend gevaar in die jaarlikse Villiersdorp KK Super 6 Kriekettoernooi. Tien spanne het deelgeneem en die finale wedstryde is die aand onder spreiligte gespeel.
Gansbaai het die derde plek beklee en van ons spelers het baie goed vertoon en verskeie pryse gewen. Drihan Kriel en Jonathan Doyl het 50 lopies geslaan in 5 boulbeurte en Drihan het ook die prys gewen as beste kolwer deurdat hy in 'n wedstryd 5 sesse in een boulbeurt gemoker het.
Eerskomende Sondag om 10:00 speel Gansbaai tuis in 'n 20/20 wedstryd teen Napier.
Kom geniet gerus die krieket en ondersteun die tuisspan.
Francois de Jongh