“Ek is baie tevrede met ons onlangse maandelikse hengelkompetisie en die inskrywings en vangstes was baie goed,” vertel Philip Fourie, Pearly Beach Rots- & Strandhengel se kaptein. Die klub se kompetisie het op Saterdag, 20 Februarie 2016 plaasgevind. Die goeie getal van 64 deelnemers het ingeskryf, waarvan 14 visse ingeweeg het. In totaal is 28 kabeljoue en 9 hangbergers gevang, met die vis wat ingeweeg is as 97.55kg.
Die wenners is soos volg: 1ste - André Kotze (swaarste sak 25.8kg); 2de - Jaques Viviers; 3de - Wikkie van Dyk; Senior wenner, Fanie du Toit; Grootse vis - Deon Strydom (kabeljou 10.75kg). “Ons volgende Rots- & Strandhengel Kompetisie sal op Saterdag, 19 Maart 2016 plaasvind,” sê Philip.
Vir navrae kan Philip Fourie by 076-069-6815 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by fouriephilip2@gmail.com.
Hardus Botha