Frustrasie vir die hengelaar

Frustrasie vir die hengelaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dat so ‘n klein dingetjie jou so kan frustrreer is amper ‘n onmoontlikheid. Boonop is dit iets wat as noodsaaklik (of amper!) beskou kan word.  --  rekgare. Die manne met die langstokke maak gewoonlik heelwat hiervan gebruik en veral vir hulle is dit al deel van die hengelgereedskap. Meestal gebruik hulle groter hoeke en kan die rekgare redelik maklik verwyder word. Vanaf die boot word die sakie meer kompleks. Hier moet ek eers melding maak van die feit dat slegs die dikker weergawe van die rekgare vroeër beskikbaar was en die baie dunner “spookgare” intussen sy opwagting gemaak het en onmiddelik  gewild was, juis oor die fynheid daarvan.

En dis net hier waar my frustasie begin  --  met die spookgare en die relatief kleiner hoekies. Ek gee toe dat, veral die spookasem-weergawe baie handig te pas kom wanneer jy wil verseker dat jou aas aan die hoek bly.  Daar bly egter altyd ‘n flentertjie gare op die hoek agter en jy sit maar weer by. Iemand gaan sê nou hoekom gebruik jy nie ‘n skerp mes om die goed los te sny nie? Te veel al het ek my hoeke per ongeluk afgesny. In elk geval, teen huistoegaantyd hang daar iets aan die hoek wat herinner aan die ou tyd van “ducktails” of iets wat soos ‘n bossiekop lyk. Wanneer jy nou by die huis aankom en uiteindelik tyd kry om jou lyne voor te berei raak dit haas onmoontlik om hierdie klossies gedroogte spookasem van die hoeke te kry. Dan is die beste raad om maar met nuwe hoeke te vervang en die oues weg te gooi. Dis teen my beginsels! Dalk doen ek iets verkeerd.

‘n Man moet nou versigtig wees. Hierdie gewoonte om spookasem te gebruik raak ‘n sensitiewe saak  --  amper vergelykbaar met die oorlog wat ontstaan wanneer jy inmeng met buurman of jou beste vriend se metode van snoekbraai, of nog erger, die maak van potjiekos. En moet hom ook nie probeer oortuig watter hout vir watter braai gebruik moet word nie!!

Pas op vir die skelm geelbek.  Groete, Seemeeu

Frustrasie vir die hengelaar

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles