15 van Gansbaai Academia se atlete het Saterdag 20 Februarie aan die Suid-Boland atletiekbyeenkoms deelgeneem in Grabouw. Die volgende atlete het ‘n plek verwerf in hul onderskeie items.
Die eerste en tweede plekke gaan deur na die Boland byeenkoms op Saterdag 27 Februarie by Koetzenburg in Stellenbosch.
Chrisanda Pietersen: Dogters O/14 2e plek in die1500m.
Allison Tobias: Dogters O/14 1e plek in die 100m en 200m.
German Lewis: Seuns O/14 2e plek in die 800m en 1500m.
Casey Lewis: Dogters O/17 3e plek in die 100m en 200m.
Izaan Newman: Seuns O/17 3e plek in die 400m.
Geortin Wildschut: Seuns O/19 1e plek in spiesgooi.
Alexander Goss: Seuns O/19 2e plek in spiesgooi.
Liezel Mostert