Heidi van Radio Whale Coast betower

Heidi van Radio Whale Coast betower

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Heidi Scrooby van Radio Whale Coast 96FM in Hermanus was die NG-Vrouediens se gasspreker tydens hulle onlangse byeenkoms in die Pretoriussaal. “Sy het die dames behoorlik aan haar lippe gehad met haar aanbieding,” vertel Petro Scholtz. Dit was die Gansbaai-streek se dames se beurt om die funksie aan te bied. Soos gewoonlik het hulle weer by pragversierde tafels aangesit met ‘n soetigheid en soutigheidjie saam met die drinkgoedjies. Heidi het vooraf laat weet dat die inhoud van haar praatjie ‘n verrassing is. “Deel van my passie in die lewe is vir my God en sy waarheid en dat net Hy in suiwerheid aanbid moet word,” was Heidi se inleidende opmerking.

Sy het onderwys op Tukkies studeer, maar het intussen op Kommunikasie-kunde en Sielkunde gefokus, met ‘n deel van haar studies oor modules oor die TV- en Radiowese. Sy is sowat 3+ jaar gelede deur ‘n persoon by Whale Coast 96FM genader om betrokke te raak. “En so het die radioprogram, Oggend Joernaal sy geboorte gekry en ek is steeds daar,” sê sy. “Die program is vol musiekverskeidenhede, nuus, resepte, plaaslike aankondigings en gebeurtenisse en dies meer.” Sy beskou die luisteraars as die hartklop van Whale Coast FM, aangesien hulle maar die mikrofone kan afskakel sonder hulle. Sy het goeie agtergrond oor haar en ander programme aan die dames oorgedra en haar begeerte uitgespreek: “Ek wil saam met jou in jou huis kuier en hopelik deel word van ‘n groot familie in die Overstrand en Overberg.”

Heidi het afgesluit met die woorde: “My hartsbegeerte is dat luisteraars aan die einde van elke program sal kan sê: ‘daar’s hy, ek voel nou sommer gereed vir die dag!’”

Hardus Botha

Heidi van Radio Whale Coast betower

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles