Daar is twee registrasienaweke voordat die verkiesing plaasvind. Na hierdie 2 naweke word die verkiesingsdatum aangekondig. Dan kan niemand meer registreer nie.
Daar is registrasielokale /stemlokale in die volgende gebiede :
Wyk 1
Masakhane – Masakhane gemeenskapsaal.
Franskraal – Rolbalbaan klubhuis (alle inwoners van Franskraal en Klipfonteyn 1 moet herregistreer omdat julle by ‘n nuwe stemlokaal gaan stem)
Onthou die straatwerkers het slegs jul inligting geneem om dit op die databasis te kry.
JY IS NOG NIE GEREGISTREER NIE.
Wyk 2
Kleinbaai – Golfklub
(Kleinbaai, van Dyksbaai, Klipfonteyn 2, Birkenhead)
Blompark – Blompark gemeenskap saal
Gansbaai – Pretoriussaal
(Gansbaai - Dorp, Stanfordsbaai , Perlemoenbaai, De Kelders)
5, 6 Maart van 8vm tot 5 nm
9,10 April van 8vm tot 5 nm
Vir enige navrae kontak:
Riana de Coning 083 597 2781 / 028 3880788