Nico Opperman vertel dat sy dogter foto’s van ‘n sonsondergang by Pearly Beach geneem het. ‘n Wit kol is op die foto sigbaar, maar kon nie met die blote oog gesien word nie. Kon dit dalk “Aliens” gewees het wat Pearly Beach met ‘n Vreemde Vlieënde Ruimteskip besoek het? “Slegte nuus vir almal wat dié ligkol aan ‘n snaakse verskynsel toeskryf,” het Hugh-Daniel Grobler van Gansbaai Fotografieklub gesê. “Dit is bloot ‘n ‘lens flare” in die kamera se lens wat dit veroorsaak het.”
Hy verduidelik: “Wanneer ‘n eksterne lig in die kamera se lens in skyn, volg dit nie altyd die voorgeskrewe pad na die kamera se sensor nie, en afhangende van die lens se elemente wat van lens tot lens verskil, reflekteer die lig vanaf die lens elemente en veroorsaak dan die sogenoemde ‘flare’.
Verskillende lense sal dan natuurlik verskillende ‘flares’ gee, aangesien alle lense nie dieselfde aan die binnekant gekonstrukteer is nie.”
Hardus Botha