“Skim” Karavaankamp

“Skim” Karavaankamp

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vele karavaanklubs het al ‘n draai by Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie gemaak, maar niemand het nog ‘n “skimkamp” gehou nie. 55 karavane van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie (SAWA), Goeie Hoop se Suid Wes-Kaapstreek, onder voorsitterskap van Pieter Henning, het Strandskloof gedurende die naweek besoek. “Een van ons kampe gedurende die jaar wat in Februariemaand plaasvind, is ‘n Skimkamp,” vertel Petrus Theron, een van die organiseerders. “Dit kom daarop neer dat nie een van die kampeerders weet waar die kamp gehou gaan word nie.” Elke lid wat gaan kamp ontvang twee leidrade en daarmee moet hulle sorg om by die karavaankamp, wat in hierdie geval Strandskloof was, uit te kom. Daar word wel ‘n “skim” aangestel, maar die arme “skim” weet self ook nie waar dit gaan wees nie. Hy word bloot aangestel om almal nog meer deurmekaar te maak.

Kyk mens waarna SAWA streef, kan dit net ‘n aangename groep karavaners wees: “Om Afrikaans-georiënteerde kampeerders die geleentheid te bied om binne ‘n Christelike konteks ‘n tuiste te bied waar hulle hul beginsels en kultuur kan uitleef. Om hulle die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer.” Strandskloof Karavaanpark het verlede jaar Traveler en Sanlam se toekenning as Top Destination Awards ontvang en is daarna as algehele wenner (Goud) aangewys. Tot en Isabel se langverwagte droom word eerskomende naweek (5 Maart 2016) verwesentlik wanneer hulle saal op die kampterrein amptelik geopen word – gepaardgaande met groot feesvieringe en sangers wat daar gaan optree.

Vir navrae en/of besprekings kan Anje Badenhorst by 082-721-4381 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan die span by strandskloofpark@omail.co.za. Hul webtuiste is www.strandskloofpark.co.za.

Hardus Botha

“Skim” Karavaankamp

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles