Die Shavathon projek ten bate van kanker en ter ondersteuning van diegene wat daaronder lei is Saterdag by SuperSpar geloods. Die belangstelling was beter as verlede jaar en R5655 is ingesamel.
Ondersteuners kon óf hul hare teen R50 sny of kleur. Kinders onder 12 was halfprys en daar is ook 35 bandanas teen R30 elk verkoop. Die span snyers en helpers was van vroeg oggend reeds besig en word bedank vir hul deelname.
Francois de Jongh