Monique Grebe (19) van Gansbaai is vanjaar ‘n 2de jaar student aan die Universiteit van Kaapstad se Worcester Kampus. In 2014 was sy een van Gansbaai se uitblinkers en was die skool se Toppresteerder. Monique was gelukkig om ‘n beurs in ‘n verpleegrigting te kon kry.
“Ek wou dit altyd doen en die tydperk saam met my tannie wat in dié rigting werksaam is, het ek finaal besluit dit is my passie,” vertel Monique. Ondanks die studente-onluste en uitstel van eksamens, asook die spanning wat daarmee gepaardgaan, het haar eerste jaar aan die universiteit vir die studierigting B.Tec (Verpleging), uiters suksesvol afgeloop. Van haar 11 vakke/modules het sy 9 onderskeidings behaal. Maar dit is nie al nie. Sy het ook 3 medaljes ontvang vir Biological Natural Science, Applied Micro Biological en Health Development & Primary Health.
As vakansiewerkie het sy by die Kersmark gedurende Desember gewerk. “Ek was nog nooit spyt oor my beroepskeuse nie en is baie dankbaar dat ek in die bevoorregte posissie is om te kan studeer,” sê Monique.
Hardus Botha