Naderende BARC-Gholfdag

Naderende BARC-Gholfdag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die groot dag vir BARC se Gholfdag op Saterdag, 26 Maart 2016 kruip nou nader. Die Bestuur sien met opgewondenheid uit na ‘n suksesvolle dag, mits die ondersteuning, spelers en borge net so opgewonde is.

Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) is ‘n geregistreerde Dieresorg Trust (IT 3001/2009) en is bykans in geheel van fondsinsamelingsprojekte afhanklik. “Die ondersteuning van BARC se tweedehandse winkel help ons ook baie en ons is opreg dankbaar daarvoor, hetsy met verkope aan die gemeenskap, óf met die beskikbaarstelling van tweedehandse items,” sê Annalie Jonker van BARC. Dit is ‘n feit dat hulle nie net agteroor sit en vra vir geld nie. Annalie sit ‘n enorme hoeveelheid arbeid en organisering in om BARC aan die gang te hou en sorg ook vir gereelde fondsinsamelingsprojekte. Nou is dit hulle daadwerklike poging om ‘n sukses van die komende Gholfdag te maak.

“Ons vra nou reeds die gemeenskap en voornemende spelers en borge om ons te ondersteun,” sê sy. Hulle beplan ‘n ‘Better Ball’ of ‘n ‘Single Stableford’ gholfkompetisie, afhangende van donasies en pryse wat hulle gaan ontvang. “Voornemende borge word beleefd versoek (“implored”) om R1,000.00 per putjie te borg, asook vir geskenkbewyse en produkte wat as pryse benut kan word.” Sodanige borge kan dan by die relevante plekke adverteer. ‘n Deel van die winste gaan ook vir opleiding benut word, asook om vanjaar weer ‘n gesubsidieerde sterilisasie-dag aan te bied. Annalie sê BARC bedien sowat 6,500 huishoudings in ‘n area van ±1,000 vk km. Voornemende gholfdag-ondersteuners kan gerus met Annalie in verbinding tree, waar ‘n amptelike skrywe oor die gholfdag ook beskikbaar is.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

Naderende BARC-Gholfdag

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles