Gansbaai KK het 2 Sondae gelede na Kleinmond gereis vir hul eerste 20/20 Sondagliga wedstryd. Kleinmond KK het eerste gekolf en kon slegs 115/8 in 20bb aanteken. Corrie Avenant het 4 paaltjies geneem. Gansbaai KK het gaan kolf en danksy 54 lopies nun deur Gershwin Davids 116/4 in 15 bb aangeteken, om die wedstryd met 6 paaltjies te wen.
Die afgelope Sondag het Gansbaai KK tuis teen Napier KK gespeel. Napier KK het eerste gekolf en kon slegs 93/8 in hulle 20 bb aanteken. Die beste boulwerk was deur Christo Swart (4-0-14-1) en Drihan Kriel (3-1-4-1). Gansbaai KK het gaan kolf en 94/2 in 12,5bb aangeteken. Melvin Tobias 26 (3x4)(1x6); Jonathan Doyle 27 nun (1x6) en Corrie Avenant 34 nun (3x4)(2x6) was die beste kolwers. Gansbaai KK wen met 8 paaltjies.
Eerskomende Sondag reis Gansbaai KK na Stanford om teen Stanford KK te speel. Sterkte.
Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen