Saterdagmiddag om 12:00 het 'n bakkie se regteragterwiel tussen Pearly Beach en Buffeljags gebars. Die bakkie het gat-oor-kop geslaan en 14 volwasse mans is beseer.
Twee was in die stuurkajuit en die ander op die bak onder 'n kappie. Twee is ernstig beseer. Rugbeserings, oop wonde en skaafmerke is opgedoen. Vyf provinsiale ambulanse en nog een van EMR het hul na die toneel gehaas. Overstrand Medical Response se Cassie en Chantell Carstens en Riaan Buys was ook daar sowel as twee brandweerwaens. "Die brandweermanne was wonderlik, hul het nie net met die verkeer gehelp nie maar ook met die pasiënte. Dié ekstra hande was van groot hulp," het Chantell gesê. Die beseerde mans was van Masakhane, Blompark en Hermanus. Hulle is almal per ambulans na Hermanus Provinsiale Hospitaal geneem.
Francois de Jongh