Danie Franken het Sondag op die draai naaste aan die Danger Point Vuurtoring by Kruismansbaai 'n langvin-geelstert (Seriola Rivoliana) vanaf die rotse gevang. Dit is maar die tweede van hierdie spesie wat die Courant oor berig en kom nie gewoonlik hier voor nie.
"Ek was besig om vinnig in te katrol om te keer dat die lood vassit toe die vis gryp. Hy het die hele hoek, waaraan nog net 'n klein stukkie mossel was, in sy bek gehad. Sommer die blinkhoek gevat," het Danie Maandag vertel. 'n Soortgelyke vis is sowat 6 weke gelede deur 'n seun, Hennie Groenewald (14) vanaf Gansbaai se Nuwe Hawe muur gevang.
Francois de Jongh