Die Bietoubosklub is reeds fluks aan die gang in 2016 en het reeds hul tweede byeenkoms van die jaar gehad.
By ons byeenkoms op 9 Februarie het ons gas, Eddie Barnard, gesorg vir musiek uit die boonste rakke. Enna Lotz (ons eie plaaslike Johan Stemmet) het ‘n prettige Noot-vir noot speletjie aangebied, nogal met regte note om te wen! Die liedjies, die leidrade en die samesang tussendeur het behoorlik vir groot vrolikheid gesorg. Die heerlike kuier met heerlike versnaperinge op die koop toe daarna het net weer bewys die Bietoubossers weet hoe om die mooi in die lewe te geniet!
Die Bietoubosklub vergader elke tweede Dinsdag van elke maand.
Vir meer inligting kontak Annette van Zyl (tel 0283841075) of Elizma de Lange (tel 0283841963).