S.H.A.R.E. se “Charity Shop” wat verlede jaar in Februarie begin is, het van ‘n klein begin, groot hoogtes bereik tot en met hul eerste verjaarsdag hierdie maand. Verkope is ongelooflik goed en dit is te danke aan die wonderlike gemeenskap in Gansbaai wat die projek ondersteun. Hierdie winkel vul ‘n leemte in die gemeenskap, die winkel is goed beplan en netjies. Dit is toegerus met vele goedere en items wat bekostigbaar is vir die algemene publiek.
S.H.A.R .E. (Social – Health – Animals – Rehabilitation – Education) would like to take this opportunity to thank the Greater Gansbaai Community for their support, donations and help. Vondse word gebruik om mense se lewens kwaliteit te verbeter en armoede te verlig. Baie dankie aan een en almal wat ons ondersteun met goedere en donasies. Ons innige dank ook aan die toegewyde personeel wat hierdie taak op hulle geneem het om ‘n sukses van die projek te maak.
Ons wil u graag nooi en aanmoedig om ‘n draai te kom maak by die PERSGEBOU, op die hoek van Fabriek en Hoofstraat, en as daar oortollige items is wat u van wil ontslae raak, neem dit gerus na die winkel. Ons is bereid om dit te kom afhaal ook.
S.H.A.R.E. Bestuur