Suid-Afrika Dans vir Reën

Suid-Afrika Dans vir Reën

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar was baie min tyd om die fees te reël en bemarking te doen maar met wat ek tot my beskikking gehad het is ek baie bly dat ons almal deel kon wees om 'n bydrae te maak aan ons boere in nood.  Die fees wat 'n reuse sukses, die personeel van Seaview wat die dag gewerk het, het bevestig dat dit soos 'n Desemberdag was en hulle het alles uitverkoop!  Ek is so tevrede met  die opkoms. Daar het mense van ver gekom om ons te ondersteun, en almal het 'n fees van 'n tyd gehad.  Baie pryse is weggegee en die mense wat nie daar was om hulle pryse te ontvang nie, is reeds gekontak, 'n hele paar van hulle woon in die Kaap en sien uit om terug te kom om hul pryse te gebruik. 

Baie dankie aan die borge vir hul fantastiese ondersteuning met pryse!! Wow, 'n groot shout out aan al ons besighede op die dorp, julle is amazing!

Ons borge was as volg: Johan Swart (Blikkies) - het ons skaap geborg, Superspar - Aartappelslaai en broodrolletjies, Lekkerbek – groenslaai, Gansbaai Courant – gratis bemarking,  Grootbos, Baai-Gones vir raffelkaartjies, Birkenhead Breweries asook Studio Jo-Signs vir posters.

Pryse deur die volgende: Scoops, Marie's Boutique, Boathouse, Tuscany's, Walker Bay Liquors, Saronas, Visions - Elsa het 'n prys plus my naels vir die dag geborg, Visions – Junita, Fish Lady, Oppidek, Shark Dive Unlimited, Fish Barrel, Lighthouse Tavern, Taphuis, Prime Cuts Meat, Gansbaai Car Wash, OK Foods, Dorpskombuis, Gansbaai Rats, Health and Active, Bay Cycles, Gansbaai Discount Liquors, Great White Shark Tours, WSP, Pieta's, White Shark Projects, Marine Guestlodge, Wine Way, Orange River Cellars, Whale Waters Lodge en De Uylensvlei Retreat.

Dankie aan almal wat bereid was om ook in te spring en my te help met die kos, 'n spesiale dankie aan Arthur Eilers en Christo Spanellis wat gesorg het dat die spit en boerewors lekker gebraai was. 

Al ons sangers, Karla-Christene, Leon, EJ, Deon, Vanessa Rabie, Tania Greeff, Natasha Heroldt, Ruan Mostert, en Renierre wil ek uit my hart bedank. Almal was puik en het 'n fantastiese opvoering gelewer. 

Leon en Jaco, 'n spesiale dankie vir ons uitstekende klank en beligting.

Ek is trots om te sê dat hierdie fees net lekker was van die begin tot die einde en dit is lekker om te weet dat ons al hierdie pret kon hê en saam met dit ook die boere in nood kan help.  My visie is nou om weer een te reël, maar op 'n groter skaal, hierdie een was 'n toetslopie en dit het gewerk.  Ek het vanoggend 'n oorbetaling van R8400 gemaak waarvan Seaview R1000 geskenk het na aftrekkings van hul uitgawes.  Ons is dankbaar vir elke sent wat ons ontvang het en ek wil ook graag vir die eienaars van Oppidek, Linda en Jan, baie dankie sê dat hulle toegelaat het dat ek in hul plekkie kon sit en raffle kaartjies verkoop. 

Magdel Spanellis

Suid-Afrika Dans vir Reën

Magdel Spanellis

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles