Meesterplan - in Sy handpalm

Meesterplan - in Sy handpalm

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My.” (Jes. 49:16)

Het jy al op een of ander stadium nodig gehad om ’n baie belangrike boodskap of nommer neer te skryf? Jy het net ’n pen gehad maar nie ’n papier nie. Waar skryf jy dit dan neer? Op jou handpalm! Sodoende het jy die boodskap naby jou gehad en kon jy dit enige tyd sien en gebruik!

Ja,  ons almal het dit al gedoen, ten minste een maal. En GOD het ook!

Hierdie boodskap in jou handpalm is gewoonlik prioriteit – en jy moet dit gou gebruik – anders was dit af. Maar wat daarvan as jy op jou handpalm tatoeëer? Ingraveer? Dan bly dit vir altyd daar! Sigbaar!  Dis presies wat GOD met jou naam gedoen het!

Die volk Israel het teruggekeer uit Ballingskap van 70 jaar. Hulle land was verwoes en hulle stede afgebrand. Al die mure om Jerusalem was afgebreek. Wat doen hulle? Hulle kla dat GOD hulle vergeet het. (Jes. 49:14) Maar luister na GOD se antwoord. Dit bulder uit die hemel deur die mond van Sy profeet Jesaja: “Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.

Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my.” (Jes. 49:15,16) 

Dit is vir my die wonderlikste nuus in die tye waarin ons leef. Dit maak nie saak hoe moeilik jou omstandighede mag wees, of hoe swaar jy kry nie. Onthou hierdie belofte van GOD: “Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in My handpalms gegraveer!” (Jes. 49:16)  GOD kan jou nie vergeet nie! Die kruisgebeure bevestig dit weer! Kan dit dalk wees dat Jesus aan die kruis, met die spykers wat deur Sy polse geslaan is, met die bloed wat oor Sy handpalms vloei – jou naam in bloed op Sy handpalms gegraveer -  die grootste daad van liefde bewys het? Elke keer as Hy Sy deurboorde hande aan jou wys – sal jy jou naam daarin kan lees! Hoe kan Hy jou ooit vergeet?

Dis wat ons ’n Meesterplan noem! Jou naam in GOD se handpalm. Onuitwisbaar. Onvergeetlik!

Halleluja!  “Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die HERE het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.”  (Jes. 49:13) 

“Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My.” (Jes. 49:16)

Meesterplan - in Sy handpalm

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles