Sandri gekies vir SAVOF A-span

Sandri gekies vir SAVOF A-span

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Courant het voorheen al berig dat Sandri Wessels van Perlemoenbaai lankal reeds bewys het dat sy haar “vrou kan staan” agter die varswater-visstokke vir die Suid-Kaap. “Onlangs het ek die Suidkaap vir die tweede jaar in die dames Suid-Afrikaanse Varswateroewerhengel Kampioenskappe verteenwoordig,” vertel Sandri. “Die kompetisie het te Sandveld by Bloemhofdam vanaf 8 tot 10 Februarie plaasgevind en daar was 3 verskillende afdelings.”

Sy sê die Premier A- en B-afdelings is groot spanne van provinsies verteenwoordig. Dan is daar ook die President A-afdeling waaraan sy en haar spanmaats deelgeneem het. In totaal was daar 7 spanne met 8 hengelaars per span, wat neerkom op 56 hengelaars in hulle afdeling. Na 3 warm dae en ‘n strawwe kompetisie, het Sandri se span daarin geslaag om met die silwer madalje weg te stap! “Dit was vir ons ‘klein’ Unie van die Suid-Kaap ‘n groot trots gewees en van die 56 algehele hengelaars het ek 11de geëindig,” sê sy. Na afloop van die SA's, word die tophengelaar van die 3 afdelings genooi om aan die Nasionale Proewe deel te neem. Sy sê vanjaar was daar 50 dames wat genooi was om proewe te hengel, wat weer oor 2 dae gestrek het. Uit daardie 50 hengelaars word die volgende spanne gekies: Protea span (5 hengelaars); SASSAC-span (5 hengelaars); SAVOF A-span (13 hengelaars); SAVOF B-span (13 hengelaars). SAVOF staan vir die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie en Sandri is gekies om SAVOF se A-span te verteenwoordig, wat ‘n pragtige prestasie is. Twee van haar ander spanmaats, Heida en Louise Botha is ook vir die A-span gekies, met ‘n ander spanmaat, Adele Conradie wat vir die B-span gekies is.

“Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om my lewensmaat en persoonlike bestuurder, Dirk Lourens te bedank vir al sy liefde, ondersteuning en ure se harde werk om alles vir my moontlik te maak,” sê Sandri. “Sonder hom sou ek dit nooit kon doen nie.” Sy bedank ook vir Gansbaai Superspar vir hulle borgskap wat haar met finansiële onkostes gehelp het. “Laastens is ek groot dankbaarheid aan my Hemelse Vader verskuldig wat deurentyd ‘n wakende hand oor my en my spanmaats gehou het.”

Hardus Botha

Sandri gekies vir SAVOF A-span

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles