Nasionale Biblioteekweek

Nasionale Biblioteekweek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die week van 21 tot 25 Maart is Nasionale Biblioteek week met die tema : #libraries4lifelonglearning

Ons moedig dus die breër gemeenskap van Gansbaai aan om aan te sluit by die biblioteek deur hul munisipale rekening en ID-boekie saam te bring. Gratis sakke, inkleurprente en boekmerke sal uitgedeel word in hierdie tydperk. Ons doen veral 'n beroep op ouers om hul kinders te kom aansluit aangesien die lidmaatskap van kinders oor die afgelope tydperk skerp gedaal het. Die biblioteek het aangepas by die modernisering van biblioteekdienste en beskik oor 4 rekenaars wat vir die publiek beskikbaar is met gratis internet.

67 BLANKETS FOR MADIBA OVERSTRAND LIBRARIES

Saam met hierdie belangrike week het Gansbaai Biblioteek besluit om deel te neem aan die 67 Blankets for Madiba Overstrand Libraries projek wat geloods is onder leiding van Belinda May van Hawston Biblioteek en Edna Van Der Linde van Gansbaai Biblioteek na hul bywoning by die IFLA konferensie wat in Augustus 2015 in Kaapstad gehou is. Hierdie projek word geondersteun deur die Burgermeester Raadslid Nicolette Guthrie Botha wat 'n ruim skenking van wol aan die onderskeie biblioteke gemaak het. Die biblioteek personeel daag dus die gemeenskap uit om betrokke te raak om te help brei of hekel. Ons beoog om ten minste 10 komberse te voltooi wat bestaan uit blokkies van 20cm by 20cm. Ons verwelkom ook enige addisionele skenkings van wol. Die publiek is ook welkom om 'n 'polar fleece' kombersies te skenk wat ook omgehekel kan word. Hierdie komberse sal dan op Mandela Dag in ons gemeenskap uitgedeel word. Ons is sommer baie opgewonde en weet dat die projek met die hulp van ons gemeenskap 'n groot sukses gaan wees. Graag wil ons ook dankie sê aan die lede wat reeds so baie blokkies geskenk het.

 Sharman Geldenhuys

Nasionale Biblioteekweek

Sharman Geldenhuys

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles