Kersmark se Dankie-ete

Kersmark se Dankie-ete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is ‘n jaarlikse instelling om werkers en uitstallers vir ‘n smaaklike ete na die Pretoriussaal te nooi na afloop van die Kersmark gedurende Desember die vorige jaar.

“Vanjaar was dit die 12de suksesvolle Kersmark en vanaf nommer 1 tot by nommer 12 het die omset meer as verdriedubbel,” sê Linda Cillers, organiseerder saam met haar eggenoot, Thys. “Wat vanjaar wonderlik was, is die pragtige bedrag van ±R51,000.00 se netto wins vir Herberg-aan-See as gevolg van hulle stalletjie en groenteverkope.”

Die genooides kon ontspanne by netjies-versierde tafels aansit, met ‘n smaaklike ete van braaivleis, sosaties, wors en slaaie, asook egte roomys agterna. Ds Dirk van Dyk het op gepaste wyse geopen en Linda het die verwelkoming en bedankings, te veel om op te noem, behartig. Daan Victor, Leierouderling, het die werkers namens die Kerkraad bedank. Linda het spesiaal na haar Bestuurspan verwys wat haar ondersteun het, naamlik Ilse Klopper, Maryke van Rensburg, Petro Trautman en Rita Pio. Daarna is daar gesellige saamgekuier en geëet, met al die swetende hardewerk agter die rug.

Hardus Botha

Kersmark se Dankie-ete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles