Ralph by Supa Quick

Ralph by Supa Quick

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ralph Gibbs is reeds ‘n ou bekende by die Birkenhead Boothengelklub, waar hy sowat 4 jaar gelede as die klub se kroegman aangestel is. Daar het hy homself as ware staatmaker en ook ‘n betroubare persoon bewys. Ongeveer dieselfde tyd (4 jaar gelede), het hy bedags as Bestuurder van Chicken On Top in die Industriële gebied gewek. “Die na-ure werk as kroegman was en is steeds baie aangenaam, maar ek kan nie permanent stilsit nie en het ingestem om die hoenderplek te bestuur,” vertel Ralph. “Intussen is Chicken On Top verkoop en ek het nie twee keer gedink om Supa Quick se aanbod te aanvaar nie. Ralph is onlangs daar aangestel om met verskeie take behulpsaam te wees.  

Die staatmaker waartoe hy homself al bewys het, sal sekerlik tot voordeel van kliënte by Supa Quick wees. Ralph is met Hannalene getroud en die egpaar het 2 getroude seuns, waarvan een ‘n professionele rugbyspeler in Frankryk is. Hy is in die Kaap gebore, maar het in Johannesburg skoolgegaan. As jongman besluit hy op ‘n loopbaan in die Suid-Afrikaanse Vloot vanaf 1964 tot 1996, vir sowat 32 jaar. Daarna dien hy ‘n verdere 8 jaar in die Reserwemag, wat aan hom sowat 40 vlootjare se ervaring besorg, met vele spesiale toekennings en medaljes. Ná sy uitdienstreding fokus Ralph op sy eie eienaarsbesighede, onder andere ‘n video-winkel en voedselverspreiding en daarna, tot kort vóór sy verhuising na Gansbaai, het Ralph vir ‘n sakeman van Somerset-Wes in die omgewing van Riversdal geboer. Voorwaar ‘n veelsydige en verantwoordelike aanwins vir Gansbaai en nou vir Supa Quick.

Vir navrae kan Ralph Gibbs by 028-384-0018 gekakel word.

Hardus Botha

Ralph by Supa Quick

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles