Staatmaker Katrina

Staatmaker Katrina

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Ware staatmaker binne die geledere van die Toerisme Buro, Katrina Adams (45) van Blompark, het besluit om na sowat 3 jaar haar “toerisme-tuig” neer te lê.

Katrina is al die jare ‘n Gansbaaier en is al 20 jaar met Monty Adams getroud. Die egpaar het ‘n seun, Monty (20) en ‘n dogter, Faith (12). Sy het ook 2 pleegkinders, Izaan (15) en Neroeska (13) Newman. Katrina was al die jare ‘n huisvrou, totdat sy in 2007 besluit het om haar eie besigheid te begin - Skoonmaakdienste. Hierdie besighede word steeds suksesvol deur haar bedryf.

Sy het haar besigheid by Gansbaai Toerisme geregistreer en sodoende het Johan Pieterse, destydse voorsitter, van haar bewus geword en haar aangemoedig om op die Toerisme Komitee te dien. “Ek is dankbaar dat ek dit gedoen het en die 3 jaar wat ek op die komitee gedien het, was vir my ‘n groot voorreg,” sê Katrina. “Dieselfde jaar het ek met die eerste suksesvolle Tuinboukompetisie begin en daar was 7 inskrywings.” In 2014 het sy dit weer gereël en dié keer was daar 17 inskrywings, met die fokus op blomme- en groentetuine en selfs juniors wat ingeskryf het.

Met 2015 se kompetisie het Katrina 22 inskrywings gekry en dié keer was dit vir blomme, groente en bome. “Dit was ‘n goeie en suksesvolle tyd vir my en ek het elke oomblik en elke Tuinboukompetisie terdeë geniet,” sê sy. “Maar aan die einde van 2015 het ek besluit om klaar te maak om my volle aandag aan my besigheid en my stokperdjie oor vele jare heen, tuinmaak, te wy.”

Sy bedank graag vir Johan Pieterse en Glenda Kitley vir wonderlike samewerking, asook vir Grootbos Foundation vir hulle ondersteuning en vir tannie Magda Renier wat elke keer gesorg het vir konfyt vir die beoordeelaars.

“Katrina was nog altyd ‘n mens op wie ek kon staatmaak en haar toegewydheid waarmee sy haar take aangepak het, het my altyd beïndruk,” sê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. Katrina het die versekering gegee dat sy steeds vir raad en advies op die gebied van tuinbou beskikbaar sal wees en dat sy sal voortgaan om die gemeenskap aan te moedig om te sorg vir mooi tuine en ook vir komende kompetisies sal inskryf. Die meegaande foto’s is ten opsigte van Katrina se laaste Tuinboukompetisie wat sy aangebied het.

Hardus Botha

Staatmaker Katrina

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles