Mini Atletiekdag 12 Maart 2016

Mini Atletiekdag 12 Maart 2016

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 Die weer het ons die perfekte geleentheid gebied om die beste van die dag te maak. Met die  byeenkoms, wat elke slag net meer en meer jong deelnemers lok, kan mens nie anders as om te besef dis n behoefte wat ons ouers en kinders het nie.

Daar was die jaar 165 kleuter inskrywings en 121 Grondslagfase inskrywings, dus n rekord getal van 276 kinders!!!

Skooltjies reg oor die plaaslike distrik is genader en het die dag met ope arms verwelkom.

« Stanford area – Okkie Smuts, Buzzy Beez, Die Bron, Wielie Walie

« Gansbaai area – Laerskool Gansbaai, Gansbaai Primêr, De Kleine Gansies, Coolkids, Fielavlooi en Flower Valley.

Die dag is op 'n gepaste wyse geopen deur Laerskool Gansbaai se hoofdogter, Caitlyn en onder hoofdogter, Marzanne.

Op skool begin kinders eers van die onder 10 ouderdom blootstelling kry aan die velditems, dus is die dag so beplan dat die kleintjies 'n voorsmakie kry van wat hul te wagte kan kom op 'n later ouderdom. Die veld items is vergemaklik en ook beveilig om te verseker dat die maatjies speel-speel leer.

« Hoogspring - Matras en poolnoodle, Gewigstoot – Boontjie sakkies, Hekkies  - Tuisgemaakte hekkies wat wissel van 30cm – 55cm  hoog, Spiesgooi – aangepasde besemstok, Naellope – 50m tot 100m, Langafstand-  200m, Verspring en Aflos.

Almal neem deel aan al 8 stasies en die ouers kon saam met die kinders deur die stasies beweeg, so is die ouers ook deel van die atletiek en kan ouers mekaar ook beter leer ken. 10 minute per stasie is toegestaan, waar 'n onderwyser die item verduidelik en demonstreer. By die grondslagfase is die gewigte en hoogtes in korrelasie met wat verwag sal word van 'n onder 10 deelnemer, gebruik as 'n raamwerk. Meer aandag word aan die ouer groep se tegniek geskenk.

Elke leerder het 'n erkennings medalje ontvang vir goeie sportmansgees en deelname. By die grondslagfase afdeling is daar in elke geslag en ouderdoms groep 'n leerder uitgesonder vir sy/haar algehele prestasie oor al 8 items. Die volgende leerders het die veelsydigheids trofees ontvang. Baie geluk, Ons hoop om nog baie van julle te hoor in die atletiek wêreld.

Dogters o/7 = Charlotte Withers (Okkie Smuts)
Seuns o/7 = Luc Du Plessis (Laerskool Gansbaai)
Dogters o/8 = Joy Hans (Laerskool Gansbaai)
Seuns o/8 = Bradwill Pick (Gansbaai Primer)
Dogters o/9 = Elani Halleen (Laerskool Gansbaai)
Seuns o/9 = Jayden Dreyer (Die Bron)

En natuurlik is so dag nie moontlik sonder die instansies wat help met die borge. Hierdie jaar het Overberg Agri (Stanford ) ons byeenkoms gedra! Baie dankie Johan Rossauw vir jou rol wat jy gespeel het. Overstrand nooddienste was ook meer as bereid om hul ondersteuning te bied deur op bystand te wees indien ernstige beserings opduik. Dankie aan al die skooltjies wat kosstalletjies daar gehad het, die mense het heerlik gepeusel.

Spesiale dankie aan Laerskool Gansbaai vir die gebruik van hul skoolgronde. Ek hoop die geskenke, Rotasure Deluxe Measure Wheel maak die opmeet van die velde en die trek van die kalk lyne baie makliker. Dan vir alle personeel van verskeie skole wat stasies beman het, dankie dat jul die ekstra myl loop vir ons jeug!

Die mini Atletiek dag is die begin van groot dinge en ons hoop om voort te bou op die resultate van nog 'n suksesvolle jaar. Ek weet hier gaan groot atlete spruit uit die dag, maar meer belangrik is dat 'n liefde vir sport gekweek word op 'n jong ouderdom met 'n goeie gesonde sportmansgees.

As Fisioterapeut is daar vir my niks lekkerder as om die jong leerders op 'n produktiewe en gesonde manier te inspireer vir verdere ontwikkeling.

Nogmaals baie dankie vir al die rolspelers.

Hanneke de Wet, Mini Atletiek Koordineerder 

Mini Atletiekdag 12 Maart 2016

Hanneke De Wet Collage Monica Hayes

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

You Are Not Your Past

You Are Not Your Past

There is no shame in the pain you carry from your past.

Life Reflects You

Life Reflects You

Not to define you…

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

A Wild Start to the Day: Leopard Spotted

This morning, our reserve manager received an exciting camera trap alert of a leopard sighting. 

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

200+ Youth Apply for Life-Changing Opportunities

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
Sport Changing Lives in Gansbaai

Sport Changing Lives in Gansbaai

For some, Grootbos Foundation is best known for our work in conservation and in fynbos, but for a larger part of the community...

Grootbos Foundation
200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

200+ Youth Apply for Grootbos Skills Programmes 2026

This week was full of excitement as Grootbos Foundation interviewed over 200 young people...

Grootbos Foundation
See All Articles